Parlement hervat mu00f4re
Parlement hervat mu00f4re

Parlement hervat môre

Denver Kisting


Denver Kisting – Wanneer die Nasionale Vergadering (NV) môremiddag sy werksaamhede hervat, sal dit onder streng voorwaardes geskied wat ten doel het om die verdere verspreiding van Covid-19 in Namibië hok te slaan.

So sê mnr. David Nahogandja, die woordvoerder van die NV.

Om te voldoen aan die vereiste wat met die handhawing van sosiale afstand verband hou, sal slegs 50 LP’s binne die Huis toegelaat word, sê hy.

Ander lede van die Huis sal in ander konferensievertrekke gehuisves word, sê hy. Dié vertrekke sal via telekonferensie met die Huis verbind word.

Alle ander riglyne sal eerbiedig word, sê Nahogandja. Dit sluit die was van hande en die lees van liggaamstemperatuur in.
Hy het voorts gesê die hooffokus tydens dié sessie sal die bespreking van die nasionale begroting wees.

Mnr. Ipumbu Shiimi, die minister van finansies, sal na verwagting Woensdagmiddag die begroting ter tafel lê.

Volgens Nahogandja sal pres. Hage Geingob op 4 Junie die staatsrede in die NV lewer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!