Parlement gesluit weens Covid-19-geval
Parlement gesluit weens Covid-19-geval

Parlement gesluit weens Covid-19-geval

Denver Kisting


Denver Kisting – Die geboue wat die Nasionale Vergadering (NV) en die Nasionale Raad (NR) huisves, is tot 9 Augustus toe weens ’n Covid-19-geval.

Die NV sê by monde van sy woordvoerder, mnr. David Nahogandja, in ’n verklaring: “Die tydelike sluiting kom as ’n voorkomende maatreël nadat een van die personeellede van die NR positief vir Covid-19 getoets het.

“Die parlementsgebou is ’n gemeenskaplike area wat deur lede en personeel van albei parlementshuise gebruik word.”

Volgens hom sal lede en personeel vir die tersaaklike tydperk van die huis af werk.

Nahogandja sê personeellede sal op Maandag 10 Augustus terugkeer werk toe.

Pres. Hage Geingob en LP's tydens ’n vorige opening van die parlementsjaar. FOTO ARGIEF
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer