Paratus, MTN span kragte saam
Die samewerking tussen twee plaaslike operateurs sal 'n beter mobiele LTE-diens aan kliënte bied en 'n baie aanloklike mededingende opsie in die mark verseker.
Kristien Kruger – Paratus Namibia en MTN Namibia het verlede week Namibië se heel eerste swerwingsooreenkoms (roaming agreement) onderteken, wat die twee telekommunikasie-operateurs in staat stel om hul eie netwerke uit te brei en die duplisering van mobiele dekking in sekere gebiede te voorkom.
“Landswyd sal Paratus- en MTN-kliënte baat vind by die integrasie van twee netwerke wat beter en groter nasionale dekking vir almal sal lewer,” het Paratus in 'n nuusverklaring gesê.
Dié mylpaal in Namibiese telekommunikasiegeskiedenis bewerkstellig samewerking tussen twee operateurs wat nie net 'n beter mobiele LTE-diens aan kliënte sal bied nie, maar ook 'n baie aantreklike mededingende opsie in die mark sal verseker.
“Toe ons Paratus Mobile LTE-diens in 2016 bekend gestel het, was dit 'n groot stap in terme van die verskaffing van mobiele data aan die Namibiese publiek. Deur met MTN saam te werk, is ons nou in staat om 'n vinniger mobiele LTE-ontplooiing te realiseer.
“Ons is trots daarop om telekommunikasiegeskiedenis in Namibië te maak en saam met MTN hierdie reis aan te pak, want nasionale swerwingsooreenkomste is die volgende natuurlike stap in die ontwikkeling van die mark en om te lewer wat kliënte nodig het.
“Dis werklik 'n nuwe dagbreek vir telekommunikasie in Namibië,” het die uitvoerende hoof van Paratus Namibia, mnr. Andrew Hall, gesê.
Die ondertekening van die ooreenkoms is Donderdag bekend gemaak.
“Ons is verheug dat hierdie ooreenkoms met Paratus Namibia onderteken is. Ons glo almal verdien die reg op toegang tot 'n moderne digitale lewe en hierdie ooreenkoms help ons om ons besigheidsdoelwitte te verwesenlik om 'n beter diens aan kliënte in Namibië te lewer.
“Ons sien net positiewe voordele uit hierdie ooreenkoms vir almal,” het die uitvoerende direkteur van MTN Namibia, mnr. Elia Tsouros, gesê.
– [email protected]
FOTO
Die uitvoerende hoof van MTN Namibia, mnr. Elia Tsouros (links), en die uitvoerende hoof van Paratus Namibia, mnr. Andrew Hall. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie