Paralimpiërs laat klim medalje-oes tot 12
Atletiek vir gestremdes
Nadat Namibië Saterdag op die eerste dag vyf medaljes by Suid-Afrika se nasionale paralimpiese kampioenskap (SASAPD) verower het, het hulle Sondag nog sewe bygevoeg.
Atlete van Botswana, Lesotho, Namibië en die gasheerland het tot gister sake in Port Elizabeth uitgespook.
Die eerste vyf medaljes is deur Ananias Shikongo (goud) en Johannes Nambala (brons) asook Johanna Benson (goud) in die 100 m-naelloopfinaal verower, terwyl Lahja Ishitile in die verspring silwer opraap. Bradley Murere het in die o.20-afdeling goud in die 100 verseker.
Sondag se medalje-oes is met baan- én velditems gewen.
Roodly Gowaseb was goed op peil met sy rolstoel en palm goud in beide die 800 en 200 in. Ishitile is opnuut aan die voorpunt toe sy goud in die 200 vir Namibië beklink. Benson laat ook nie op haar wag nie en hang silwer om haar nek in die 200. Die gewigstoter Simon Shihepo behaal ’n afstand van 8.95 m en wen ’n silwermedalje.
Nog ’n gewigstoter is Sylvia Shivolo wat haar vorige beste (5.95 m) oortref om ’n nuwe Namibiese rekord van 6.02 m en silwer te verseker. Petrus Karuli eindig sterk in die 800 m in die derde posisie vir sy bronsmedalje.
In ’n 4x100-aflos verbeter die Namibiërs hulle eie rekord van 57.00 sekondes deur in 56.30 oor die wenstreep te nael.
Michael Hamukwaya, sekretaris-generaal van die Namibiese Paralimpiese Komitee, sê hy is beïndruk met sy atlete se vertoning in die Vriendelike Stad wat die aflosrekord laat spat het.
“Hulle oefen nie eens saam nie en vir hulle om hierheen te kom en hul rekord te verbeter, is ’n pluspunt. Dit is die enigste universele aflosspan in Afrika en as ons meer tyd en geld in hulle belê, kan hulle nóg medaljes vir Namibië verower,” het hy gesê.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie