Papsopwaternat
Water waar jy kyk! Lynette Joseph het haar man, Anton, en hul honde op hul plot, Dankie tog, afgeneem waar hulle die poele gaan verken het. Die plot is by die Okeheke-nedersetting langs Ongogo, wat tussen Outapi en Oshikuku in die Omusatistreek geleë is. Volgens Lynette het hulle vandeesweek reeds sowat 80 mm uit hul reënmeter gegooi. Op Tsumeb is Maandagnag 23 mm en op Grootfontein 26 mm onderskeidelik gemeet. Die weerkantoor voorspel buie vir vandag vir die Noordweste, die Sentrale Noorde en die Suidooste, terwyl geïsoleerde tot verspreide donderbuie in die Noordooste, Ooste en Sentrale Hoogland kan voorkom. FOTO LYNETTE JOSEPH
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie