Papgeld: Die land sit op 'n tydbom
Papgeld: Die land sit op 'n tydbom

Papgeld: Die land sit op 'n tydbom

Die toepassing van die onderhoudwet misluk klaaglik, lui ’n verdoemende verslag.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die owerhede laat minderjariges toenemend in die steek deur nie die onderhoudwet toe te pas nie.

’n Verslag van die ouditeur-generaal (OG), mnr. Junius Kandjeke, is onlangs in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê.

Dié verslag werp lig op verskeie gebreke wat die betaling van onderhoud in die wiele ry.

Een van die uitdagings, wys Kandjeke uit, is dat dit dikwels onduidelik is hoe ’n landdros ’n onderhoudbedrag bepaal.

Sy kantoor het vasgestel ’n gedeelte op die vorm, waar die finansiële posisie van die verweerder aangedui moet word, word dikwels nie eens ingevul nie.

Kandjeke dring in sy verslag daarop aan dat al die vereiste inligting verstrek moet word “sodat die geskikte onderhoudbedrag bepaal kan word”.

’n Ander struikelblok is dat onderhoudhowe nalaat om opvolgaanslae van mense se inkomste te doen sodat onderhoudbedrae aangepas kan word.

Hy sê die huidige leefstyl, inkomste en verdienstevermoë in die afsienbare toekoms is faktore wat oorweeg moet word.

Kandjeke sê die wet vereis ’n jaarlikse aanslag, maar onderhoudhowe vee hulle daaraan af.

Hy sê voorts daar word dikwels geen stappe gedoen teen mense wat agterstallig is met onderhoudbetalings nie – soos die wet eweneens vereis.

Onder meer lui die wet dat daar op sodanige mense se eiendom beslag gelê moet word en/of die agterstallige bedrae van hul salarisse verhaal moet word.

Dié bevindings volg op ’n studie wat Kandjeke gedoen het om vas te stel in watter mate die onderhoudwet doeltreffend in werking gestel word.

Hiernaas was die studie ook daarmee gemoeid om die gevalle van nienakoming aan die kaak te stel sodat regstellende stappe gedoen kan word.

Die studie is gedoen by die Windhoek-landdroshof in Katutura en dié op Swakopmund, Walvisbaai en Oshakati.

Kandjeke wys voorts daarop navorsing van die Regshulpsentrum (LAC) toon die inwerkingstelling van die onderhoudwet laat sedert sy totstandkoming in 2003 veel na wense oor.

Ma’s wat wil aansoek doen om onderhoud vir hul minderjarige kinders van afwesige pa’s, sukkel dikwels om hulle op te spoor of vas te stel wat hul inkomste is.

Wanneer ’n onderhoudbevel uitgereik word, moet howe verskeie faktore in ag neem, maan die OG.

Dit sluit onder meer die finansiële, opvoedkundige en ontwikkelingsbehoeftes van begunstigdes in, byvoorbeeld behuising, water, krag, kos, klere, vervoer, toiletware, kindersorgdienste, skoolfonds en mediese dienste, lui Kandjeke se verslag.

Hy wys in sy verslag op 20 gevalle by die Windhoek-landdroshof in Katutura en die Oshakati-landdroshof waar daardie howe in elke geval wesenlik minder onderhoud toegestaan het as waarvoor aansoek gedoen is.

Geen redes word daarvoor verskaf nie, sê hy.

Republikein het onlangs berig die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.

In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr. Sakeus Shanghala, verlede maand aangekondig het, het die regbank enkele weke gelede lig gewerp op die swaar las waaronder landdroshowe met veral onderhoudeise gebuk gaan.

’n Totaal van 28 462 aktiewe onderhoudsbevele is tans van krag wat deur die Windhoek-landdroshof in Katutura alleen uitgereik is.

Shanghala het verlede maand ’n wetsontwerp in die NV ter tafel gelê waarvolgens strenger met onderhoudoortreders afgereken sal word.

Mnr. Tousy Namiseb, die adjunk- permanente sekretaris (PS) van justisie, sê hoewel wetgewing voorsiening maak vir poste vir onderhoudondersoekers en –beamptes, is al dié poste vakant.

Volgens hom tree hofklerke tans as ondersoekers ook op en staatsaanklaers vertolk die bykomende rol van onderhoudbeamptes.

Dit is een van die gebreke waarop Kandjeke in sy ouditverslag wys.

Shanghala het tydens die tertafellegging van die onderhoudwysigingswetsontwerp gesê dié voorgenome wet het ten doel om hofprosesse vir die invordering van agterstallige onderhoudgeld meer vaartbelyn te maak.

Dit hou spesifiek verband met klarigheid oor die plig om onderhoud te betaal, bystand aan minderjariges om aansoek te doen om onderhoud, duidelikheid en vereenvoudiging van die prosesse rondom beslissings, dagvaardigings en navrae.

Shanghala het ’n beroep op die publiek gedoen om hul insette oor die voorgenome wette te lewer.

Al die voorgenome wette is tans op die webwerf van die ministerie van justisie beskikbaar.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%