'Paparazzi' van die skoudiere
Landbouweekblad se Charl van Rooyen en professionele skoufotograag Wayne Southwood is 'n gedugte span wanneer die skoukampioene vir 'n fotosessie aantree.
Ronelle Rademeyer - Met gesamentlike ondervinding van kort duskant sestig jaar, het landbouskrywer Charl van Rooyen (66) van Landbouweekblad en die professionele skou- en stoetdierfotograaf Wayne Southwood (60) in hul loopbane al honderde skoue bygewoon en etlike duisende diere afgeneem.
Die afgelope maand alleen het Wayne net meer as 10 000 km agter die stuur deurgebring. Buiten skoue, neem hy ook stoetdiere vir katalogusse en ander promosiedoeleindes af.
Die databasis op sy rekenaar bestaan uit 20 000 leggers waarvan sommige tot soveel as 300 of meer foto's in het. "Ek neem so min of meer 10 000 foto's per jaar," vertel Wayne, wat op 'n klein plasie by Brandfort in die Vrystaat woon.
Hy het van kindsbeen af 'n liefde vir boerdery en beeste, en het ná skool aan die Weston Landboukollege by Mooirivier in KwaZulu-Natal gaan studeer.
Sy boerdery by Brandfort bestaan uit twee Nguni-koeie, 'n spul vrylopende hoenders en vleishase. Verder het hy ook 'n groot klomp erdwurms, maak hy kompos en kweek hy organiese groente wat weer verwerk word tot allerlei lekker ingelegte organiese produkte soos beetblatjang.
Hy bottel selfs haasvet wat met knoffel gegeur is en sê dit is die ideale smeermiddel vir 'n pan wanneer kos voorberei word.
Wayne vertel hy het die laaste tyd baie fotografiewerk vir die Wagyu's in Suid-Afrika se embriostasie gedoen, asook vir die kleinveemaatskappy, Ramsem, wat semen van top Boerbokke en Kalahari Reds na Brazilië uitvoer.
Charl vertel hy ry gemiddeld 50 000 - 60 000 km per jaar agter skoue en ander landbougeleenthede aan, of om boere dwarsoor suidelike Afrika te besoek. In sy 29 jaar by Landbouweekblad het dié wewenaar al daaraan gewoond geraak dat hy tot soveel as 80 nagte per jaar weg van sy huis in Pretoria deurbring.
Dié gesoute en deurwinterde skrywer boer behoorlik met die woorde en sê hy draf maklik 30 000 woorde per maand kaf. Anders as in die ou dae neem hy deesdae sy notas sommer direk op sy skootrekenaar. Dit is net by skoue dat hy nog sy notaboek uithaal om die diere en hul telers se besonderhede neer te skryf.
Net soos Wayne het Charl ook van kleins af 'n liefde vir landbou. Hy het immers ook op 'n plaas grootgeword.
Hy sê sy werk vereis dit hy vooruit moet beplan en goeie selfdissipline aan die dag lê. As hy nie deurgaans werk terwyl hy op die pad is nie, sal hy nie spertye haal nie.
Maar, vertel Charl, hy geniet elke oomblik op die pad. "'n Mens sien elke oomblik iets anders en iets nuut."
Namibië bly een van sy gunsteling bestemmings. "Die land het ongelooflike goeie boere wat skrapse natuurlike hulpbronne doelmatig benut.
"Hulle is warm, gasvrye mense. Ek hou ook van die kameraderie tussen die boere; dit is lekker om die mooi verhouding tussen hulle te beleef," vertel hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie