Palin se seun rand pa glo in Alaska aan
Palin se seun rand pa glo in Alaska aan

Palin se seun rand pa glo in Alaska aan

Track Palin staan tereg op drie aanklagte, wat aanranding en huisbraak insluit.
Sarah Palin, voormalige goewerneur van Alaska, wat die eerste keer in 2008 in die kollig was toe die Amerikaanse senator John McCain haar as 'n adjunkpresidentskandidaat in sy veldtog benoem het, en haar gesin is weer in die nuus.

Track Palin (28), Sarah en haar man, Todd, se oudste seun, word daarvan aangekla dat hy by sy ouerhuis ingebreek en sy pa aangerand het, berig die LA Times. Track het glo Saterdag ten tyde van die chaos by die gesin se huis in Wasilla, Alaska, gesmeek dat sy pa hom skiet nadat dié na bewering in 'n stadium 'n vuurwapen uitgepluk het.

Luidens CNN het Sarah die polisie ontbied en gesê haar seun gebruik die een of ander medisyne. Dié ­inligting is in 'n polisieverklaring vervat.

Track het sy pa glo geslaan nadat hulle 'n rusie oor 'n bakkie gehad het. Hy staan tereg op drie aanklagte, wat aanranding en huisbraak insluit. Todd het beserings aan sy gesig en kop opgedoen.

Times Magazine berig Track het die polisielede op die toneel “peanuts” genoem en gesê hulle moet hul vuurwapens neersit toe hulle met hom probeer onderhandel. Hy het glo selfs op die motorhuis se dak geklim voordat hy uiteindelik in hegtenis geneem is.

Track het glo 'n paar biere voor die voorval gedrink.

Dit is nie die eerste voorval van gesinsgeweld waarby hy betrokke is nie. Hy is in 2016 vasgetrek nadat hy sy meisie glo aangerand het, en sy toe bang was dat hy homself gaan skiet. Hy het later skuld beken op aanklag van die besit van 'n vuurwapen terwyl hy onder die invloed van drank was.

Die meisie het later toesig van hul kind bekom en 'n beskermingsbevel teen Track gekry. Sarah het haar seun se gedrag in 2016 aan sy “tyd oorsee” toegeskryf.

“Ek kan my vereenselwig met ander gesinne wat die gevolge van posttraumatiese stresversteuring ervaar waarmee ons soldate terugkeer,” het sy gesê.

Track het in 2008 diensplig in Irak gedoen. - Netwerk24/Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Loading... Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Loading...