Pale toe met NMH en Amos Meerkat
As deel van Namibia Media Holdings (NMH) se korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid kon 'n groep leerlinge van die Stairs to Success-laerskool die afgelope naweek 'n pretdag saam met hul onderwyser, me. Helene Nekongo, by die Hage Geingob-stadion geniet.
Stairs to Success is deel van die Amos Meerkat-projek wat onderwysers oplei.
Tot dusver is sowat 198 onderwysers landswyd deur dié projek opgelei.
Tydens die geleentheid het Stairs to Success se kinders aan verskeie aktiwiteite deelgeneem en ook die voorreg gehad om spelers van Namibië se nasionale rugbyspan te ontmoet.
“Ons is trots op die feit dat ons skool gekies is om aan die geleentheid deel te neem. Die leerlinge het so baie geleer en die uitstappie baie geniet.
“Ons vra dat ander mense in die gemeenskap ook hul deel doen om hul leerlinge die beste blootstelling moontlik te gee.
“Dis wonderlik om te sien wat 'n verandering van omgewing aan die kinders se luim doen,” het Nekongo gesê.
Die program poog om minderbevoorregtes se lewensgehalte te bevorder.
Vir meer inligting, stuur 'n e-pos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie