Pakistan spog met sterbelaaide afrigtingspan
Krieket
Die voormalige Pakistanse lopiemasjien Younis Khan is aangestel as Pakistan se nuwe kolfafrigter, terwyl die bybreekbouler Mushtaq Ahmed ook gevoeg is by ’n indrukwekkende afrigtingspan vir dié krieketspan se toer na Engeland later vanjaar.
Younis is die enigste Pakistanse lid van die 10 000-toetslopieklub, terwyl Mushtaq, die nuwe draaibal-afrigter, 62 toetse vir Pakistan gespeel het voor hy Engeland en die Wes-Indiese Eilande help afrig het.
Die voormalige toetskaptein Misbah-ul-Haq is die nuwe hoofafrigter van die span, terwyl die snelbouler-legende Waqar Younis die span se snellers sal afrig.
“Dié Pakistanse span is propvol talent en het die potensiaal om groter hoogtes te bereik,” sê Khan.
“Saam met Misbah, Mushtaq en Waqar gaan ons ons bes doen om die spelers te verbeter.
Pakistan is geskeduleer om drie toetse en drie T20-wedstryde teen Engeland in Augustus en September te speel. Die presiese datums en stadions is vanweë die Covid-19-pandemie nog nie gefinaliseer nie.
Engeland sal eers in ’n reeks van drie toetse teen die Wes-Indiese Eilande te staan kom.
Misbah sê die huidige spelers kan baie by Younis leer as “ ’n gedisiplineerde en hardwerkende kolwer, atletiese veldwerker en uitstekende strateeg”.
“Ek beskou dié aanstellings as ’n uitstekende geleentheid vir ons spelers om hul vaardighede te slyp en om te sien wat hulle moet doen om van goeie tot groot spelers te groei,” sê Misbah. – Netwerk24, Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie