Pakhuise in ligtelaaie
Tanja Bause – Sowat 31 brandweermanne het Woensdag gespook om ’n brand te beheer wat twee pakhuise in ligtelaaie gehad het.
Windhoek se nooddienste is Woensdag om 11:46 na dié brand in Brakwater ontbied.
Volgens mnr. Raymond Kapia, hoof van die brandweer, het die twee pakhuise afgebrand, wat uit sinkplate gebou is.
“In die pakhuise word glo meubels, matrasse en kussings gemaak. Volgens omstanders het iemand sweiswerk op die dak gedoen en van die vonke het glo op die matrasse geval en die brand veroorsaak,” het hy gesê.
Mnr. Carlo Louw, brandweerbevelvoerder in beheer van die voorval, het een brandweerwa na die toneel geneem.
Daar gekom, het hy ontdek daar is geen waterpunte op die toneel nie, waarna hy nog twee brandweerwaens ontbied het.
Volgens hom het die brand vinnig weens die hout en materiaal in die pakhuise versprei, asook omdat hulle uit sinkplate gebou is.
Die brand was teen 14:30 onder beheer en niemand is beseer nie.
“Dit was ’n uitdaging omdat daar geen waterpunte was nie. Die nodige infrastruktuur sal geïnstalleer moet word,” het Kapia gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie