Padveiligheid streng toegepas
Die Namibiese polisie, die Motorvoertuigongelukfonds en hul vennote in padveiligheid is oorgehaal om gehoorsaamheid op ons paaie af te dwing. Die Windhoek-Okahandja-padblokkade was oor die naweek druk besig en talle bestuurders én passasiers het deur middel van hoë boetes en streng waarskuwings eerstehands ervaar hoe ernstig die owerhede is. Hoofinspekteur Amalia Gawanas het gesê die tyd vir praat is verby en dat die owerhede streng sal optree om padveiligheid te bevorder. Foto Yochanaan Coetzee
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie