Padveiligheid kom eerste dié Paasfees!
Yochanaan Coetzee - Elke Namibiër kan dié skoolvakansie en oor Paasnaweek 'n verskil maak aan die veiligheid van ons paaie.
Dit was die boodskap toe Total Namibia gister saam met die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) en Namibia Media Holdings hul veiligheidsveldtog vir Paasfees bekend gestel het.
Die tema is “Dying to get there”.
“Hoewel ons paaie in 'n goeie toestand is, word te veel lewens verloor,” het mnr. Naftal Kakwambi, besturende direkteur van Total Namibia, gesê.
Daarom is dit noodsaaklik om gemeenskappe se gedrag op 'n positiewe wyse te verander.
Total Namibia het reeds ongeveer N$800 000 in hierdie projek belê en is ook reeds vir etlike jare 'n borg van die MVAF.
“Vir 'n inisiatief soos dié is koste nie belangrik nie; daar kan nie 'n prys op menselewens geplaas word nie,” het Kakwambi gesê.
In 2015 het ongelukke oor Paasnaweek volgens die MVAF met 37% toegeneem en padsterftes het met 317% gestyg. In 2016 was daar 20% minder ongelukke en 56% minder sterftes.
“Dit wys dat hierdie pogings 'n verskil maak,” het mnr. Eliphas Rukambe, bestuurder van openbare opvoeding by die MVAF, gesê.
Hy het die B1-verbypad noordwaarts en die B2 kuswaarts opnuut as die gevaarlikste roetes uitgewys.
Me. Glenda Manthe-Grobler, NMH se verhoudingsbestuurder vir agentskappe en sleutelkliënte, het gesê die skoolvakansie en Paasnaweek is kritiek vir beter padveiligheid.
As deel van die veldtog kan lesers hul kennis oor verkeersreëls en padveiligheid gebruik om pryse in 'n SMS-kompetisie te wen.
'n Spesiale aftrekplakker verskyn ook op vandag se voorblad.
Total Namibia is 'n uitstaller by vanjaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE) en Motorskou.
Die tema van vanjaar se ekspo is “Safe travel” .
Van 31 Mei tot 3 Junie sal Total Namibia se spesiale padveiligheidsgids by dié geleentheid versprei word om padveiligheid te bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie