Padveiligheid is in jóú hande
Om die slagting op Namibiese paaie te verminder, verg van elke persoon om hul houding te verander.
Dít was die kernboodskap toe Vivo Energy Namibia (Shell) en Namibia Media Holdings (NMH) se padveiligheidsveldtog vir die feesseisoen Woensdag amptelik bekend gestel is.
Komende Sondag is Wêrelddag ter Herinnering aan die Slagoffers van Motorongelukke.
Opvoeding van die breë publiek is van kardinale belang om ongelukke en sterftes te verminder, het mnr. Johan Grobbelaar, besturende direkteur van Vivo Energy Namibia, tydens die bekendstelling van die veldtog gesê. “Moenie drink en bestuur nie en rus sodra jy moeg voel.”
Die uitdaging aan elkeen is om te vra: “Wat kan ek doen?” het Albe Botha, uitvoerende hoof van NMH, gesê. “Maak dit persoonlik,” het hy benadruk. Boodskappe oor padveiligheid moet volgens Botha baie meer direk – al is dit uitdagend – prakties en duidelik wees.
Saam met bogenoemde uitdaging moet owerhede verantwoordelik gehou word om optrede teen oortreders te verskerp, het mnr. Horst Heimstadt van die Private Sektor Padveiligheidsforum gesê. Volgens hom moet elke inwoner alle kanale tot hul beskikking gebruik om oortredings dadelik aan te meld.
Mnr. Sidney Boois van die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het gewaarsku dat 2017 volgens statistiek tot dusver vanjaar die dodelikste jaar in Namibiese geskiedenis kan word.
“Die uitslag aan die einde van die feesseisoen is ons almal se resultaat,” het hy gesê.
Die padwaardigheid van die bestuurder en voertuig is volgens Boois van kardinale belang. Op die B1- en B2-roetes sal vanjaar gesamentlik 20 verkeersbeheerpunte wees met drie satelliet-toegeruste noodpunte op hierdie twee roetes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie