Padveiligheid dié naweek hoog op polisie se agenda
Met die skole wat Vrydag gesluit het en die Heldedag-langnaweek wat voorlê, het die polisie opnuut ‘n beroep op motoriste gedoen om veilig te bestuur en padreëls te gehoorsaam.
Polisiebeamptes is reeds langs die B1- en B2-roetes ontplooi, het die polisie in ‘n verklaring gesê en versoek dat Namibiërs veilig bestuur.
“Die sterftesyfer op ons paaie is werklik ontstellend en die polisie wil benadruk dat motoriste padreëls moet gehoorsaam ten einde veilig by hul onderskeie bestemmings aan te kom,” lui die verklaring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie