Padslagting: Skoolvakansie eis 45

Baba van 3 maande die jongste slagoffer

03 September 2019 | Ongelukke
Gedurende die afgelope skoolvakansie het 33 volwassenes en 12 kinders in 22 ongelukke oraloor die land gesterf.

Die jongste kind was ’n baba van drie maande oud, wat dood is toe sy ma die pad by die Kambumbu-nedersetting oorgesteek het en omgery is.

Sy het ook gesterf.

Die polisie het dié inligting in ’n verslag bekend gemaak.

Op 17 Augustus het die grootste ongeluk die afgelope vakansie naby Gobabis plaasgevind, waarin sewe mense op slag dood is toe die bestuurder van ’n bakkie glo beheer oor die voertuig verloor het en in die aankomende baan voor ’n brandstoftenkwa beland het. ’n Trompop botsing het gevolg.

Altesaam 22 van die sterftes tydens die skoolvakansie behels volgens die polisie voertuie wat omgeslaan het.

Agt sterftes was voetgangers wat óf langs die pad gestaan het óf die pad wou oorsteek, en 13 mense is in trompop botsings dood.

Twee mense is in fratsongelukke dood: Een het van ’n bakkie afgeval en een is deur ’n sleepwa gesleep.

Verlede Vrydag is ses mense in een ongeluk dood.

Dié ongeluk het omstreeks 16:00 op die hoofpad tussen Outjo en Kamanjab gebeur toe die bestuurder (49) beheer oor ’n sewesitplekstasiewa verloor het ná ’n band gebars het en die voertuig omgeslaan het.

Vier mense het op die toneel gesterf en nog twee het met hul aankoms by die Outjo-staatshospitaal gesterf.

Nog agt mense is beseer en vir behandeling na hospitale in Windhoek oorgeplaas.

Die oorledenes is Ndangi Jaunda (1), Ben Kaluwashi (5), Joseph Kaluwashi (10), mee. Justine Jaunda (32), Moreen Taurus (40) en mnr. Ipinge Shaduka (70).

Me. Mokahurua Tjikurame het Saterdag om 01:20 op die C22-grondpad naby die Okanokomukona-nedersetting in die Okakarara-omgewing gesterf toe die voertuig waarin sy ’n passasier was, omgeslaan het. Die bestuurder (32) is glo nie in besit van ’n geldige rybewys nie en is glo familie van die oorledene. Die man is in hegtenis geneem en hy is onder polisiebewaking in die staatshospitaal op Okakarara.

Saterdag het ’n onbekende man om 20:10 die 15-jarige Fransika Eises glo in die Saamstaan- informele nedersetting op Okahandja doodgery.

Eises is op die toneel dood.

Die man het na wat verneem word teen ‘n aankomende bakkie gebots voor hy in ’n huis vasgery het. Hy het die voertuig glo verlaat, op die vlug geslaan en is nog nie in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om dit by die Okahandja-polisiekantoor aan te meld.

’n Vrou is die naweek na bewering deur ’n voertuig wat aan die Omuthiya-dorpsraad behoort, doodgery toe sy die pad wou oorsteek.

Die ongeluk het om 22:30 op die B1-hoofpad tussen Omuthiya en Ondangwa plaasgevind.

Die vrou is ná die ongeluk na die Onandjokwe-hospitaal geneem, maar is by haar aankoms dood verklaar.

Soortgelyk

 

Geld rol vir ramp

8 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Die regering se N$8-miljardvoorskrif teen die ekonomie se Covid-koors is gister deur ekonome verwelkom, veral omdat dit amptelik as die eerste fase...

Baba jongste Covid-19-geval

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - ’n Nege maande oue baba is saam met sy pa die nuutste twee gevalle van Covid-19 in Namibië. Dit bring die nasionale...

Só werk landbou in inperkingstyd

8 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Tydens die inperkingstyd mag naweekboere nie heen en weer vanaf hul plase en wonings in dorpe beweeg nie. Voltydse boere en plaaswerkers...

NMH skenk toerusting, kospakkies vir padblokkades

8 ure gelede | Gesondheid

In ’n poging om die vinnige vloei van noodsaaklike vragverkeer by die vier padblokkades na die Khomasstreek te bewerkstellig, het Namibia Media Holdings (NMH) gister...

Noodtoestand: ‘Niks is normaal’

8 ure gelede | Regering

Denver Kisting - Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê Namibiërs bevind hulle midde-in ’n buitengewone situasie. “Ons is in ’n noodtoestand. So, niks...

Weer vir 2 April 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in die...

Pandemie slaan toerismebedryf hard

8 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die toerismebedryf gaan heel waarskynlik die hardste deur die Covid-19-pandemie getref word. Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië...

Fishrot-hokaairoeper glo gedreig, vergiftig

8 ure gelede | Misdaad

Catherine Sasman – Mnr. Jóhannes Stefánsson, hokaairoeper in die internasionale korrupsieskandaal, oftewel die Fishrot-sage, het aan Yslandse verslaggewers gesê hy is al verskeie kere vergiftig...

Fitch gradeer SA banke verder in rommel in

8 ure gelede | Afrika

Nellie Brand-Jonker - Fitch het die vyf groot banke van Suid-Afrika naamlik Absa, FirstRand, Investec, Nedbank en Standard Bank verder in rommel afgradeer.Alle nasionale langtermyngraderings...