Padongelukke vier hoogty
Padongelukke vier hoogty

Padongelukke vier hoogty

’n Raadslid van Walvisbaai se vrou het na bewering ’n tref-en-trapongeluk veroorsaak terwyl sy nie in besit van ’n geldige rybewys is nie.
Yandi Du Plessis
Verskeie passasiers en voetgangers is die afgelope naweek in padongelukke dood of beseer.

• Die 62-jarige mnr. Charlie du Toit het in die Walvisbaai-staatshospitaal aan beserings beswyk nadat hy glo Saterdag omstreeks 13:45 by die aansluiting tussen Moses Garoeb- en Hanna Mupetamistraat deur ’n 28-jarige vrou sonder ’n rybewys raakgery is.

Die verdagte het van die ongelukstoneel gevlug en is later die dag in hegtenis geneem toe sy by die Welwitschia Private Hospitaal vir mediese behandeling aangemeld het.
Me. Jeronette Benson, vrou van die Walvisbaaise stedelike kiesafdeling se raadslid mnr. Deriou Benson, het Maandag in die landdroshof verskyn op klagte van strafbare manslag, die bestuur sonder ’n geldige rybewys en ontvlugting van die ongelukstoneel sonder om aan beserings of skade aandag te gee. Sy sou na verwagting Maandag ’n formele aansoek om borgtog ingedien het.

• ’n Nege-en-twintigjarige man word van strafbare manslag en bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms aangekla nadat hy Vrydagaand omstreeks elfuur ’n vrou in Robert Mugaberylaan in Klein Windhoek doodgery het. Die slagoffer, wat as me. Namwandi Ruusa Elizabeth (33) geïdentifiseer is, is op slag dood. Na bewering het die oorledene ten tyde van die voorval saam met haar vriend die pad probeer oorsteek.

• ’n Sewejarige meisie het frakture aan haar regterbeen opgedoen nadat sy glo deur ’n 33-jarige vrou raakgery is. Die slagoffer het glo as voetganger die hoofpad tussen Rundu en Nkurenkuru oorgesteek, toe sy Vrydag omstreeks 13:30 in die dorp Mukekete getref is. Sy word tans in die Rundu-staatshospitaal behandel.

• ’n Man word onder meer van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur aangekla nadat hy Vrydagaand omstreeks 20:30 in ’n botsing op die pad tussen Grootfontein en Tsumeb betrokke was. Die persoon in die ander voertuig, wat as me. Horases Derseline (34) geïdentifiseer is, is op die toneel dood nadat die voertuig waarin sy gery het, reg van voor teen ’n sedanvoertuig gebots het. Die bestuurder van die sedanvoertuig met ’n sleepwa waarop houtskool vervoer is, het na bewering nie ’n rybewys gehad nie.

• ’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek ná ’n 45-jarige man Saterdag omstreeks 18:00 twee voertuie en ’n voetganger langs die pad gestamp nadat hy glo beheer oor sy voertuig verloor het. Die ongeluk het op die pad tussen Ondangwa en Oluno plaasgevind. Die bestuurder is ook ernstig in die ongeluk beseer. Die voetganger is in ’n kritieke toestand en word tans in die hospitaal behandel.

• ’n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek nadat ’n 22-jarige manlike bestuurder en sewe passasiers ernstige beserings opgedoen het toe die bestuurder glo beheer oor sy voertuig verloor het. Die ongeluk het omstreeks halfeen (00:26) Saterdagoggend in Moses Tjitenderostraat in die Nau-Aib-woonbuurt op Okahandja plaasgevind. Al die beseerdes is volgens die polisie se misdaadverslag vir die naweek na die Okahandja-staatshospitaal vir behandeling geneem. Die verslag verstrek nie besonderhede oor die soort voertuig en of dit moontlik oorlaai was nie.

• ’n Saak van strafbare manslag word ondersoek nadat ’n 52-jarige manlike bestuurder dood is en twee passasiers ligte beserings opgedoen het toe die voertuig waarin hulle gereis het, omgeslaan het. Die ongeluk het die naweek op die pad tussen Okahandja en Ovitoto, ongeveer 30 km buite Okahandja, plaasgevind. Die bestuurder, mnr. Frederich Kauatjitotje, het glo beheer oor die voertuig verloor en aan sy beserings beswyk. Die oorledene se naasbestaandes is ingelig.

• Mnr. Shihepo Teofelus Hilifa is Sondagoggend omstreeks 02:00 op die toneel dood nadat die voertuig waarin hy ’n passasier was glo teen ’n boom gebots het. Die bestuurder het glo op die grondpad tussen Omatando en Ongwediva beheer oor die voertuig verloor. ’n Saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak.

[email protected]

FOTO
Die 28-jarige me. Jeronette Benson van Walvisbaai staan tereg op klagte wat met ’n tref-en-trapongeluk verband hou. Foto Facebook

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.93 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.31 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.81/OZ DOWN -0.0071 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 001.10/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 84.00/BBP UP +1.19% | Platinum US$ 1 012.79/OZ UP +1.98% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.93 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.31 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.31 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.81/OZ DOWN -0.0071 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 001.10/T UP 1.51% | Brent Crude Oil US$ 84.00/BBP UP +1.19% | Platinum US$ 1 012.79/OZ UP +1.98%