Padongeluk eis vier lewens
Padongeluk eis vier lewens

Padongeluk eis vier lewens

Elizabeth Joseph
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop

Drie mense het Woensdagaand (16 September) op die M29-pad, ongeveer 15 km voor Koës, verongeluk. ’n Vierde persoon wat in die ongeluk betrokke was, het later gesterf. Volgens ooggetuies was twee voertuie in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke. Drie passasiers in die een voertuig is op die toneel dood, terwyl ’n passasier in die tweede voertuig vasgekeer was. Volgens mnr. Sean Naude van die noodreaksie-eenheid, is die vasgekeerde persoon na die hospitaal geneem. Dié persoon is egter later in die hospitaal dood. 'n Polisieverslag wat die voorval bevestig, moet nog uitgereik word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer