Padfietsresies erger as Tour-skof

23 July 2021 | Sport
Andrew Poolman – Klimwerk van 'n massiewe 4 865 meter in totaal – meer as in enige enkele skof van die Tour de France – lê voor vir die Olimpiese mans padfietsresies môre wat oor 'n lank uitgestrekte 233 kilometer strek.

Die 24-jarige Tristan de Lange sal die Namibiese verteenwoordiger wees. Sy Olimpiese debuut kom as 'n laat insluiting in die plek van Dan Craven, wat enkele dae voor sy vertrek uit Spanje na sy derde Spele positief vir Covid-19 getoets het.

Die Namibiese Fietsryfederasie se president, mnr. Axel Theissen, sê: “Die eerste helfte van die resies is relatief plat en die snelhede sal vinnig wees.

“Ons kan in die eerste uur verskeie wegbreekpogings te wagte wees.

“Die eerste groot klimskof kom ná 66 km, gevolg deur die volgende groot berggedeelte ná 96 km. Hier sal die veld van ryers uitgedun begin raak.

“Ná 192 km wag Mikuni-pas – die heel grootste klimskof, met 'n massiewe gradiënt van 21%, nadat die ryers reeds vir meer as drie ure in die saal is!

“Die einde van die resies is rondom die omgewing van die Fuji International Speedway. Omdat hulle hier baanrondtes doen, sal stadiger ryers uit die resies onttrek word as die voorlopers hulle van agter af inhaal.

“Met so 'n bergagtige roete sal dit definitief die goeie klimryers wees wat hulle vooraan die resies bevind. Die roete is uit­sonderlik moeilik en die wêreld se bestes – reguit van die Tour de France af – sal by die wegspringstreep wees.

“Met die temperature boonop in die middel dertigs Celsius, en met Japan se lugvogtigheid, sal behoorlike hidrasie van die ryers van kritieke belang wees.

“Die hoë temperature kan in Tristan se guns tel, maar hy het die beste padfietsryers ter wêreld om mee rekening te hou. Ons wens hom alle voorspoed toe. Net om die resies klaar te maak, sal reeds 'n ongelooflike prestasie en ondervinding wees.”



VERA SE KANSE

Die vroue se padresies Sondag­oggend waarin Vera Looser betrokke is, se afstand is 137 km wat 2 692 meter van vertikale klimwerk insluit.

“Die groot klimme begin ná omtrent 66 km,” sê Theissen.

“Vera se kanse lyk belowend, want sy het in die laaste twee maande in verskeie Europese resiese deelgeneem. Op haar eie sal sy egter te staan kom teen spantaktieke van lande wat oor drie ryers beskik. Met haar jare van ondervinding glo ek dat sy die taktiek van die resies kan lees soos dit nodig is.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Vier sterftes, 25 nuwe gevalle

9 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met vier (een tuissterfte) tot 3 538. Gister is 25 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 2,2%. Dit sluit drie leerlinge,...

PAS IN: Drie uit ses skuldig aan moord

12 ure gelede | Howe

‘n Vrou wat ‘n groep mans betaal het om haar man te vermoor, is vandag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan moord.Die oorledene...

MTC en regering gaan saamwerk om inentings teen Covid...

14 ure gelede | Gesondheid

'n Inisiatief tussen die regering en die mobiele telekommunikasiemaatskappy MTC, “Namibia VaxUP081 Incentive", gaan inwoners vergoed wat hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang. Volgens...

Net 14,2% van bevolking ten volle ingeënt

14 ure gelede | Gesondheid

Terwyl Namibië se doelwit was om 750 000 van die land se 1,5 miljoen geoormerkte persone vir immunisering teen Donderdag in te ent, het net...

Aandklokreël opgehef

15 ure gelede | Regering

President Hage Geingob het die aandklokreël amptelik as deel van die nuwe Covid-19-regulasies opgehef. Openbare byeenkomste kan deur 200 persone bygewoon word, so ook dieselfde...

Tweede lugmagongeluk binne enkele weke

1 dag gelede | Ongelukke

Tunohole Mungoba en Ellanie Smit‘n F-7 vegvliegtuig van die Namibiese lugmag het vroeër vandag by die Ondangwa-lughawe neergestort.Die weermag het joernaliste wat kort na die...

Creativity and mental health: Where do we overstep

1 dag gelede | Gesondheid

Kalistu R Mukoroli, PR and brand strategistWe tend to preach about being creative, but isn’t this contributing to mental health issues? Creative people always push...

Tourism mogul driven by passion

1 dag gelede | Toerisme

Iréne-Mari van der Walt Part-owner of Swakop Cycle Tours Paul Ndjambula says despite his business being conceptualised during his time as an intern, it took...

Kalahari se water in die gedrang

1 dag gelede | Omgewing

Frank Steffen en Brigitte Weidlich – “Dit mag eenvoudig nie gebeur nie! Maak nie saak hoe jy uitloogproses benader nie, hierdie unieke kom sal onvermydelik...