Paddebakel kos miljoene

Belastingbetalers dok op

04 September 2020 | Infrastruktuur
Denver Kisting – Die drie dag lange opskorting van ’n padbouprojek by Aminuis die afgelope week het die belastingbetaler nagenoeg N$9 miljoen gekos.

Die man wie se beweerde opstekery die boubedrywighede lamgelê het, mnr. Peter Kazongominja, het gistermiddag by navraag oor die stand van sake gesê: “Dit is steeds nie oukei nie.”

Hy is die raadslid verbonde aan dié kiesafdeling en het glo gemeenskapslede opgesweep om te eis dat 70% van die mense wat die pad help bou uit Aminuis moet kom.

Kazongominja wou nie gister oor die aantygings teen hom kommentaar lewer nie.

Die Paaieowerheid (RA) het gister by monde van sy uitvoerende hoof, mnr. Conrad Lutombi, uitgevaar teen “onwettige optrede” deur ’n “besorgde groep”.

Hy sê hulle sal nie voortaan enige onderbrekings duld nie. “Om die projek te stop, is nie net nadelig vir die RA nie aangesien dit ’n uitwerking het op die voltooiingsdatum en lei tot boetes, terwyl dié fondse vir ander nasionale projekte aangewend kon gewees het. Werkonderbrekings kos die belastingbetaler ongeveer N$3 miljoen per dag omdat die projek ten volle deur die regering gefinansier word.”

Lutombi waarsku enigiemand wat planne in die mou voer om weer die projek te onderbreek, sal deur regstappe in die gesig gestaar word.

Me. Hileni Fillemon, die woordvoerder van die RA, het gistermiddag gesê werksaamhede is vir drie dae onderbreek.

Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het Woensdag te velde getrek teen die “wetteloosheid” wat die projek ontwrig het.

Mutorwa het aan Republikein gesê: “Ons kan nie wetteloosheid duld nie.”

Volgens inligting tot die koerant se beskikking het oproerige lede van die Aminuis-nedersetting glo bewapen met pangas en knopkieries opgedaag om die padbouprojek te ontspoor.

Luidens die inligting is die gemeenskapslede woedend omdat meer mense uit hul omgewing nie vir die bouwerk van die pad in diens geneem is nie.

’n Vergadering was gistermiddag laat nog op Gobabis aan die gang om die kwessies uit die weg te ruim.

Dié samespreking is gelei deur die goewerneur van die Omahekestreek, mnr. Pijoo Nganate.

Kazongominja het gistermiddag bevestig hy woon ook die vergadering by.

Mutorwa het Woensdagmiddag gesê dié beoogde pad is nie net van nasionale belang nie, maar hou ook internasionale waarde in.

- [email protected]


FOTO
Mnr. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), het oproerige lede van die Aminuis-gemeenskap gewaarsku wat ’n padbouprojek ontwrig het. FOTO NAMPA

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

10 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

10 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

10 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

10 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

10 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

10 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

10 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...