Pad tussen Windhoek en Okahandja vir wyle gesluit
Die pad naby die Teufelsbach-rivier op die Windhoek-Okahandjaroete sal Woensdag vir sowat 40 minute gesluit wees wanneer dinamietskietwerk hier sal plaasvind. Die betrokke gedeelte sal volgens die Paaieowerheid (RA) môre vanaf 11:40 tot 12:30 gesluit wees. Motoriste word versoek om padtekens ten alle tye tydens die konstruksiefase van die nuwe hoofpad te gehoorsaam en nie op dié gedeeltes te ry wat tans onder konstruksie is nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie