Pad na Japan bied gedugte uitdaging
Kwalifisering vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio en die 2022 Statebondspele in Birmingham kan dalk volgende maand in Namibië gevier word.
Tielman van Lill - Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) het vandeesweek sy senior nasionale mans- en vrouespan bekend gemaak wat van 12 tot 18 Augustus in Stellenbosch aan die kontinentale uitdunkampioenskap vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio sal deelneem.
Sewe vrouespanne sal mekaar in twee groepe takel, terwyl die mans se agt spanne beter gebalanseerd in hul twee groepe is. Die Namibiese vroue is in groep B saam met Ghana, Uganda en Zimbabwe geplaas, terwyl Kenia, Nigerië en Suid-Afrika sake in groep A sal uitspook.
Namibië se mans wat tans 68ste op die wêreldranglys is, is in groep B saam met Egipte, Ghana en Zimbabwe geplaas terwyl groep A deur die gasheerspan Suid-Afrika, Kenia, Nigerië en Uganda verteenwoordig word.
Met drie wedstryde wat binne vier dae gespeel word, maak dit sin dat die NHU 18 mans- en vrouespelers vir die uiters belangrike kwalifiserende kompetisie gekies het.
Die vroue se aanslag sal op Maandag 12 Augustus afslaan wanneer die gesoute Magreth (Magy) Mengo as kaptein die vroue die oggend tienuur teen Uganda op die veld lei. Die Woensdag speel die Namibiese vroue ook net een wedstryd om 14:00 teen Ghana, met Zimbabwe wat die volgende dag om 16:00 hulself teen Namibië moet bewys.
Met die drie groepverpligtinge afgehandel, is die Vrydag ’n rusdag vir al die spanne voor die semifinale tussen die topvier lande die Saterdag. Die wenner van groep A sal teen die naaswenner van groep B op die veld stap, terwyl die wenner van groep B teen die naaswenner van groep A vir ’n plek in die finaal sal veg.
Indien sake volgens plan verloop en Namibië se vroue hul kaarte reg speel, kan hulle groep B en die semifinaal oorheers om die Sondag om 18:45 in die eindstryd teen Suid-Afrika se Proteas op die veld te stap. Net die Afrika-wenner sal vir Tokio kwalifiseer en indien Namibië minstens die silwermedalje inpalm, sal hulle vir die 2022 Statebondspele kwalifiseer. Namibië moet onder die toptwaalf Statebondlande gereken wees om na Birmingham te kan reis.
Namibië se vroue het sedert Desember verlede jaar vanaf 60ste op die Fédération Internationale de Hockey (FIH) se wêreldranglys tot die 40ste posisie gevorder en hoewel hulle onlangs in Spanje nie die paal gehaal het by die Olimpiese kwalifiserende toernooi nie, bied die Afrika-roete vir hulle steeds ’n uitsonderlike kans om Namibiese sportgeskiedenis te maak deur vir Tokio 2020 te kwalifiseer.
Die terugkeer van Phia Gerber en Marcia van Zyl (Venter) wat die Spanje-toer misgeloop het, versterk ook die groep se gesamentlike vlak van ervaring vir hul volgende taak.
Die vroue se oefengroep: Magreth Mengo (kaptein), Petro Stoffberg (doelwagter), Sunelle Ludwig, Jocelle Wessels (Deysel), Emilia Kashopola, Jahntwa Kruger, Celé Wessels, Marcia van Zyl (Venter), Tara Myburgh, Jerrica Bartlett, Gillian Hermanus, Ina Louis, Berencia Diamond (doelwagter), Armin van Staden, Phia Gerber, Joané van Rooyen, Jivanka Kruger, Marian Laubscher.
Die span word deur die deurwinterde Erwin Handura (hoofafrigter) gebrei, terwyl Fred Coppelmans van Nederland as die nuwe hulpafrigter ook na verwagting gister in Windhoek sou aansluit. Me. Marietta Stoffberg sal die bestuur van die span hanteer.
Die mans se groepwedstryde: Maandag 12 Augustus, Namibië teen Ghana (14:00). Dinsdag 13 Augustus, Namibië tn Zimbabwe (16:00). Donderdag 14 Augustus, Namibië tn Egipte (10:00). Semifinale en eindstryd op dieselfde dae as dié van die vroue.
Die mansgroep: Ernest Jacobs (kaptein), DJ Strauss (onderkaptein), Richter van Rooyen (doelwagter), Dakota Hansen, David Britz, Lenard Fick, Cody van der Merwe, Nico Neethling, Percy Barthram, Dylan Finch, Fagan Hansen, Baggio Karigub, Owen Hatton, Ruairi Hammond, Petrus Theron, Nico Jacobs, Brynn Cleak en Liam Hermanus.
Die mans word deur Trevor Cormack afgerig, met Mary Hansen as spanbestuurder.
Die mans beplan om reeds op 7 Augustus na Suid-Afrika te vertrek, met die vroue wat twee dae later volg.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie