Pacquiao dalk laaste keer in bokskryt?
Boks
Michael Green - Dis nog net 'n paar dae voordat die bokswêreld dalk van Manny Pacquiao gaan afskeid neem – óf hom terug verwelkom as kampioen.
Die vegtende senator van die Filippyne pak Lucas Matthysse van Argentinië Sondag in Kuala Lumpur in Maleisië vir laasgenoemde se weltergewigtitel van die Wêreldboksvereniging (WBA).
Daar is diegene wat dink die 39-jarige Pacquiao is oor die muur. Hy was immers net 'n skaduwee van homself in sy vorige geveg teen Jeff Horn van Australië. Horn het Pacquiao verlede jaar in Julie ontwrig en met enkele punte verslaan om die Wêreldboksorganisasie (WBO) se kampioen te word.
Sedert daardie geveg het Pacquiao bande met sy afrigter, Freddie Roach, verbreek. Buboy Fernandez het Pacquiao vir sy kragmeting met Matthysse afgerig.
Volgens gerugte het Pacquiao glo soos “Rocky”, die bokskarakter wat Sylvester Stallone in flieks vertolk het, vir die geveg geoefen.
“Iemand gaan val. Ek kan net nie voorspel wie en in watter ronde nie,” het Fernandez aan ESPN gesê.
Joel Díaz, Matthysse se breier, het aan ABS-CBN News gesê dis Pacquiao wat gaan harpuis ruik.
“Hy (Matthysse) het soveel krag in albei sy vuiste. Die een of ander tyd gaan hy en Manny Pacquiao houe verwissel en dan gaan Pacquiao seerkry,” het hy gesê.
Maar dis een ding om te praat oor hoe jy Pacquiao (59 gewen, sewe verloor) gaan klop en hoe jy optree wanneer jy teen hom in die kryt klim.
Sommige boksers, soos Horn, steur hom nie aan die legende nie. Ander vries en kruip in hul dop.
Wat gaan Matthysse doen? Hy is van nature 'n aggressiewe, rowwe ou.
Maar hy is ook nou nie regtig so wonderlik nie. Die vier nederlae in sy loopbaan van 43 gevegte was teen Zab Judah (2010), Devon Alexander (2011), Danny Garcia (2013) en die enigste man wat hom uitgeslaan het, Viktor Postol (2015).
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie