Pack Safari open toergids-akademie
Altesaam 12 Namibiese studente gaan hulle as gidse vir Duitse toeriste bekwaam.
Pack Safari het amptelik die deure van sy toergids-akademie in Windhoek oopgemaak.
Die akademie bied gratis beroepsopleiding aan plaaslike, Duitssprekende toergidse met FGASA Veldgids vlak 1-sertifikate aan waarna die suksesvolle kandidate permanent by Pack Safari aangestel sal word.
Altesaam 165 aansoeke is ontvang.
"Alle verwagtinge is oortref. Die keuringsproses was vir ons 'n uitdaging, maar ons het dit met entoesiasme begroet," het mnr. Jay Futter, Pack Safari se koördineerder van die akademie, gesê.
"Die kwaliteit van die aansoekers het ons vertroue in plaaslike talent bevestig. Altesaam 27 kandidate was op die kortlys en 15 persoonlike, formele onderhoude is gehou."
Altesaam 12 studente is vir vanjaar by die akademie aanvaar, "almal hoogs talentvolle en gemotiveerde Namibiërs tussen die ouderdom van 26 en 47".
Een van die studente, Fillipus Mutuku, het gesê: "Ons wil Duitssprekende toergidse word, want Duits is die moedertaal van die meeste toeriste wat Namibië besoek, en ons is lief vir mense en wil ons pragtige land aan ander wys".
Die studente kom uit sewe streke van die land.
Die hoof- operasionele beampte van die maatskappy, me. Livia Pack, sê sy is verheug dat die diversiteit van studente vyf verskillende tale en agtergronde verteenwoordig.
"Een van die studente het reeds ses jaar se toergidservaring, maar praat glad nie Duits nie, terwyl 'n ander een nog nooit as 'n professionele toergids gewerk het nie, maar 'n Duitse meisie het," sê sy.
"Ander kom uit agtergronde met goeie toegang tot onderwys, terwyl ander hul pad boontoe gewerk het."
Die studente moet daagliks nege Duitse lesse onder die leiding van die bekwame Duitse onderwyser en lektor mnr. Bernhard Schaaf voltooi.
"Dit is 'n uitdaging, maar kan gedoen word, en natuurlik sal spesifieke woordeskat vir toergidse bygevoeg word," het Schaalf gesê.
Elke student het 28 boeke as gidse soos onder meer Roberts Bird Guide, Fascination of Geology en “Frogs of Southern Africa”. Algemene kennis sal in die klaskamer en tydens uitstappies deur Pack Safari se mees ervare toergidse gedeel word.
Die studente moet hul kursus in sewe maande volgens die kurrikulum voltooi.
"Hierdie akademie het die potensiaal om 'n ware wen-wen-situasie te skep met die groot geleentheid vir elke student om 'n permanente, goedbetaalde en baie vervullende werk te kry," het die uitvoerende hoof van Pack Safari, mnr. Peter Pack, gesê.
"Dit is baie goed vir ons maatskappy, wat desperaat na goeie Duitssprekende toergidse soek, en dit is positief vir Namibië deur meer plaaslike talent in sleutelposisies na die mees snel groeiende sektor van die ekonomie te bring."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie