Paaieowerheid hof toe gesleep oor slaggat
Paaieowerheid hof toe gesleep oor slaggat

Paaieowerheid hof toe gesleep oor slaggat

Die Paaieowerheid word gedag­vaar deur 'n padgebruiker wie se voertuig verlede jaar afgeskryf is nadat hy 'n gevaarlike slaggat getref het.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Mnr. Angaleni Asipala eis N$165 612 in skadevergoe­ding weens die Paaieower­heid (RA) se nalatigheid om die C44-Tsumkwe-grondpad behoorlik in stand te hou en hul versuim om motoriste teen slaggate te waarsku.

Dít nadat sy Toyota Fortuner verlede jaar afgeskryf is toe hy 'n slaggat getref het.

Asipala beweer sy voertuig is só erg beskadig dat dit vir skrootmetaal verkoop moes word, nadat hy op 3 Augustus 2020 op pad na Maroelaboom in die Otjozondjupastreek die slaggat getref het.

Hy eis vergoeding vir die geld wat hy verloor het nadat sy motor vir skrootmetaal vir 'n bedrag minder as die motor se boekwaarde voor die ongeluk verkoop is.

Hy sê die motor, 'n 2021-model, is voor die ongeluk teen N$229 650 gewaardeer. Hy kon die beskadigde voertuig teen N$76 038 vir skrootmetaal verkoop, en eis dat die RA die verskil plus die insleepkoste van N$12 000 aan hom terugbetaal.

In sy hofdokumente, wat in Februarie vanjaar ingedien is, sê Asipala die ongeluk is “uitsluitlik deur die nalatigheid van die paaieowerheid veroorsaak”, wat verantwoordelik is vir die instandhouding van nasionale paaie.

Die RA het die beskadigde padoppervlak nie in stand gehou of herstel nie, en het versuim om die padoppervlak gereeld na te gaan vir slaggate of moontlike tekens van agteruitgang, voer hy aan.

Asipala het verder benadruk die RA “het nie die nodige waarskuwingstekens aangebring om motoriste oor die slaggate te waarsku nie”, en dat hulle nie hul plig teenoor die algemene publiek nagekom het om skade te voorkom of om motoriste in te lig oor die moontlike gevare van die toestand van die pad nie.

In 2020 het Nampa berig padgebruikers in die Otjozondjudastreek het 'n beroep op die RA gedoen om die C44, 'n 246 kilometer-grondpad wat vanaf Grootfontein tot by Rundu strek en in Tsumkwe eindig, te herstel en op te gradeer.

Die RA ontken enige aanspreeklikheid, en voer aan Asipala moet die oorsaak van die ongeluk voor die hof bewys.

Hulle voer verder aan dat die voorval deur die eiser se “eie nalatigheid” veroorsaak is.

Volgens die RA het hy waarskynlik nie die pad behoorlik dopgehou nie en “nie 'n matige en redelike spoed onder die omstandighede gehandhaaf nie”.

Die RA sê verder hulle kom hul pligte ten opsigte van nasionale padnetwerke na.

Ná 'n saakbestuurskonferensie wat vandeesweek gehou is, het hoër­hofregter Eileen Rakow die saak tot 1 Junie vir 'n statusverhoor uitgestel.

Mnr. Samuel Philander van Lorentz­Angula Inc. is Asipala se regsverteenwoordiger, terwyl die RA deur mnr. Dirk Conradie, 'n staatsadvokaat van Conradie & Damaseb Legal Practitioners, verteenwoordig word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.81/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.29% | Zinc US$ 2 957.10/T UP 1.31% | Brent Crude Oil US$ 84.98/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 991.21/OZ UP +0.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.4 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.98 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.4 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 376.81/OZ UP +1.29% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.29% | Zinc US$ 2 957.10/T UP 1.31% | Brent Crude Oil US$ 84.98/BBP UP +0.38% | Platinum US$ 991.21/OZ UP +0.60%