Paaieowerheid gee Namibiërs hupstoot
Sowat 56% van die toegekende N$16,5 miljard is die afgelope vyf jaar aan Namibiese diensverskaffers betaal.
Augetto Graig
Die Paaieowerheid (RA) dring daarop aan dat padbouprojekte só verdeel word dat Namibiese kontrakteurs, klein- en mediumondernemings en plaaslike werknemers die geleentheid kry om deel te neem, te ontwikkel, en hul vaardighede en vermoëns te verbeter.
Volgens mnr. Conrad Lutombi, die RA se uitvoerende hoof, behels meer as 56% (of N$9,25 miljard van die totale toegekende N$16,5 miljard) van die owerheid se besteding die afgelope vyf jaar die betaling van Namibiese diensverskaffers.
Boonop is sowat N$283,8 miljoen vir die bou van weegbrûe en kantore uitsluitlik aan die dienste van 17 Namibiese kontrakteurs en kleiner ondernemings bestee, wat 'n bykomende 486 werksgeleenthede moontlik gemaak het.
“Om die RA se verantwoordelikheid na te kom om 'n veilige en doeltreffende padboubedryf te vestig, het die owerheid beleide en strategieë daargestel om belangrike diensverskaffers se vermoëns te ontwikkel en te verbeter – veral kontrakteurs en kleiner ondernemings wat beide kapitaalprojekte en arbeidsgebaseerde padbouprojekte landswyd behartig,” sê hy.
Lutombi sê 84 Namibiese kontrakteurs en 442 kleiner ondernemings was die afgelope vyf jaar onder die RA se toesig werksaam. In dié tydperk is nege arbeidsgebaseerde grondpaaie en 25 toegangspaaie na skole en klinieke in die land gebou. Die grondpaaie is deur 11 boukontrakteurs en 45 kleiner ondernemings gebou, sê hy.
PAAIE OPGEGRADEER
Wat groter projekte betref, sê Lutombi 23 paaie is opgegradeer na teerpaaie, waarvan ses deur Namibiese kontrakteurs gebou is, nege deur middel van vennootskappe tussen Namibiërs en buitelanders, en agt deur buitelandse kontrakteurs.
Altesaam 339 Namibiese ondernemings was as subkontrakteurs en kleiner besighede ook by dié projekte betrokke, sê hy.
Sodoende is sowat 13 607 werksgeleenthede vir Namibiërs geskep, sê hy.
“Wat groter kapitaalprojekte betref, ondersteun die RA die toekenning van sodanige projekte aan vennootskappe tussen gevestigde Namibiese kontrakteurs en internasionale padboumaatskappye – eerstens sodat vaardighede oorgedra kan word, kapasiteit ontwikkel kan word en die Namibiese padboubedryf kan ontwikkel.
“Dié poging sal plaaslike kontrakteurs voortdurend begunstig,” sê hy.
“Die Paaieowerheid was en is toegewy aan die bemagtiging en bevordering van plaaslike kontrakteurs se deelname aan al ons padbouprojekte.
“Derhalwe het die RA besluit om diensverskaffers te klassifiseer volgens hul vaardigheidsvlakke, groottes, finansiële vermoëns, menslike hulpbronne, toerusting en masjinerie.
“Die klassifisering van kontrakteurs in die padboubedryf sal die opstel van 'n lys vooraf gekwalifiseerde kontrakteurs tot gevolg hê, wat dan aan verskeie soorte projekte sal kan deelneem,” sê hy.
'n Raamwerk vir die klassifisering word opgestel en sal in die 2019-'2020-boekjaar voltooi word, sê Lutombi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie