Paaie eis drie voetgangers
In een geval is twee keer oor 'n man gery, waarná beide bestuurders van die toneel gevlug het.
Die afgelope naweek het drie voetgangers hul lewens op die land se paaie verloor, en Namibiërs het onder inbrake deurgeloop.
Volgens die polisie se misdaadverslag het 'n sedan 'n onbekende San-man Vrydag om 21:40 raakgery toe hy die pad oorsteek.
'n Tweede voertuig het daarná glo ook oor hom gery en die man het op die toneel gesterf.
Beide die bestuurders het van die toneel gevlug.
Dié ongeluk het in die Ndama-nedersetting op die Trans-Caprivi-hoofweg naby Rundu plaasgevind. Die polisieondersoek duur voort.
Mnr. Salomo Tjipura (68) het op die hoofpad tussen Grootfontein en Otjituo gesterf toe hy na bewering beheer oor sy voertuig verloor het en dit omgeslaan het.
Die ongeluk het Vrydag om 17:15 plaasgevind en Tjipura was die enigste insittende in die voertuig.
Vrydag het 'n vragmotor 'n onbekende man op Sean MacBrideweg in Windhoek raakgery. Die ongeluk het om 10:40 plaasgevind en die man het op die toneel gesterf. Die polisieondersoek duur voort.
Mnr. Joel Neshuku (51) is Saterdag om 21:50 op die pad tussen Omafo en Okalongo doodgery toe hy die pad wou oorsteek. Die polisieondersoek duur voort.
Mnr. Clemens Kavezeri (41) het gesterf toe hy glo beheer oor sy bakkie verloor het en dit omgeslaan het.
Die passasier in die voertuig is nie beseer nie.
Die ongeluk het Saterdag om 18:00 tussen Otjikangtjozongarangombe en Katjoruu in die Otjituuo-omgewing plaasgevind.
Twee mense is dood toe hul voertuie in 'n botsing betrokke was.
Dié ongeluk het Sondag om 19:10 op die hoofpad tussen Oshikuku en Outapi plaasgevind. Die oorledenes is mnre. Shapymba Gideon (26) en Lukas Shinana (46), die bestuurder en passasier van een van die voertuie.
Die bestuurder en twee passasiers van die ander voertuig is met beserings in die Katolieke hospitaal op Oshikuku opgeneem.
Diefstal
Saterdag om 00:06 het vyf gewapende mans deur 'n oop deur toegang tot 'n huis in Fluitsstraat in Windhoek verkry. Die mans
het glo vyf selfone en 'n TV-stel gesteel.
'n Skoot is afgevuur, maar niemand is beseer nie. Die polisie het drie van die selfone teruggekry, en niemand is in hegtenis geneem nie.
Vier mans het glo Vrydag om 23:00 by 'n woonstel in Omupupastraat in Wanaheda ingebreek. Hulle het die slot, diefwering en deur glo gebreek om toegang te kry.
'n Selfoon, TV-stel en twee handsakke met persoonlike dokumente ter waarde van N$14 500 is gesteel.
Twee skote is afgevuur en niemand is beseer nie.
Niemand is in hegtenis geneem nie.
Saterdag tussen 02:00 en 08:00 het 'n man na wat verneem word by 'n kroeg op Kalkrand ingebreek.
Hy het glo N$7 430 se kontant gesteel.
Die polisie het 'n 27-jarige man in hegtenis geneem en N$4 080 by hom gevind. Die ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie