Paaie eis 22 lewens

Die Namibiese polisie sê van verskeie pleidooie vir beter gedrag op die land se paaie kom dadels.
Elvira Hattingh
Verdana" >

Elvira Hattingh – Sedert Donderdag is agt padongelukke landswyd aangemeld, waarin 22 mense dood en 27 beseer is.

Volgens ‘n verslag wat gister deur die Namibiese polisie (Nampol) vrygestel is, is altesaam 13 mense dood in ’n ongeluk wat Sondag omstreeks 15:00 sowat 3 km buite Otavi plaasgevind het, terwyl 18 passasiers beseer is.

Hieronder tel vyf kinders.

Tydens die ongeluk was twee Iveco-passasierbussies op die B1-pad na Tsumeb in ‘n kop-aan-kop-botsing betrokke.

Die een bussie was van die Noorde af op pad en die ander van die Suide af.

Beide voertuie het aan die brand geslaan en heeltemal uitgebrand.

Die slagoffers, waaronder agt vroulik en vyf manlik, het onherkenbaar verkool, terwyl die beseerdes na hospitale op Otavi, Otjiwarongo en Grootfontein geneem is.

Die polisieondersoek duur voort om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Die polisie sê die oorledenes sal na Windhoek geneem word vir DNS-toetse en hul families word gevra om die lykshuis vir hierdie doel te kontak, of hoofinsp. Oscar Shatipamba by 081 311 4842.

Nóg ’n ongeluk, wat nie in die polisieverslag vermeld is nie, maar in sosiale media gedeel is, het glo Donderdag op die pad tussen Grootfontein en Tsumeb plaasgevind.

Drie mense het na wat verneem word tydens dié voorval gesterf.

Vrydag omstreeks 12:00 het ‘n Fransman in die Etosha Nasionale Park op die Okaumweo-grondpad, sowat 40 km buite Onamutoni, beheer oor ‘n stasiewa verloor.

Die motor, waarin vyf passasiers gereis het, het gerol.

‘n Franse vrou (51) is op die toneel dood en ‘n 60-jarige passasier is ernstig beseer.

Die ander passasiers het geringe beserings opgedoen en is na die Lombard-hospitaal op Tsumeb geneem.

Die bestuurder van ‘n bakkie, mnr. Pandu Nangolo, het Saterdag omstreeks 18:00 by Epalala Oshanyata gesterf ná hy, volgens die polisie, met ‘n hoë spoed teen ‘n huis se grensmuur vasgery het. Vier passasiers is ernstig beseer en na die Engela-streekhospitaal geneem.

Naby Rehoboth het ‘n 48-jarige polisieman, mnr. Louis van Wyk, Saterdag op die Bahnoff-Uhlenhorst-grondpad glo beheer oor sy bakkie verloor.

Die bakkie het die pad sowat 3 km voor Bahnhof verlaat en gerol. Van Wyk het op die toneel aan sy beserings beswyk, terwyl ‘n vroulike passasier ernstig beseer en na die St. Mary-hospitaal geneem is.

Saterdag is ‘n tref-en-trap voorval aangemeld ná mnr. Kaumbangere Mureko (31) se lyk omstreeks 03:00 langs die Werda-Omakange-pad naby die Okonyota-nedersetting gevind is.

Die polisie vermoed hy is raakgery toe hy die pad wou oorsteek. ’n Onbekende bestuurder het weggejaag.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval, kan hoofinsp. Paavo Iyambo by 081 649 9249 kontak.

Op Walvisbaai het mnr. Johannes Andimba (48) Saterdag glo beheer oor sy bakkie in Vyfde Straat verloor en teen die muur naby Namport se suidelike hek vasgery.

Hy het op die toneel aan sy beserings beswyk en was alleen in die motor.

Nog ‘n man, mnr. Sam Tobias (26), het die afgelope Sondag omstreeks 03:00 in Windhoek in Auasweg, Suiderhof verongeluk.

Hy het glo beheer oor sy motor verloor en dit het gerol. Hy is op slag dood.

“Die hartseer werklikheid is dat motorbestuurders 99% van die kere vir ongelukke verantwoordelik is. Nampol en ander belangegroepe veg voortdurend dat mense hul gedrag moet verander, maar daar kom skynbaar dadels van.

“As ons nie ernstig daaraan werk om ons gedrag op die paaie te verander nie, sal baie mense sterf. Ons doen ‘n beroep op alle bestuurders om die regte ding te doen en geduld aan die dag te lê sodat ons lewens op die paaie kan red,” het Nampol se woordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi, in die verslag gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 14° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 16° | 31° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 14° | 28° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 17° | 23° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 14° | 24° Ariamsvlei: 16° | 33° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 15° | 29° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 12° | 23° Lilongwe: 17° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 17° Durban: 18° | 30° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 29° Lusaka: 16° | 29° Harare: 13° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%