Pa wat baba (twee weke oud) glo verkrag vandag in hof
Denver Kisting – Die 26-jarige man wat na bewering vroeg verlede week sy twee weke oue dogtertjie op Rehoboth verkrag het, verskyn vandag in die landdroshof op dié dorp.
Hy sal na verwagting op aanklag van verkragting en moord verskyn nadat die meisietjie, wat op 26 Junie op die dorp gebore is, aan haar wonde beswyk het.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het gister die gruvoorval by navraag bevestig.
Volgens ’n bron na aan die ondersoek het haar ma (20) op die noodlottige dag na die pa se huis gegaan om by hom geld vir weggooidoeke te vra.
Sy het hom glo nie tuis aangetref nie en by ’n nabygeleë huis gaan drink, sê die bron.
Die ma het later teruggekeer na die pa se huis waar hy na bewering eers met haar en toe met die baba seks gehad het.
Sy en die baba het toe na haar huis gegaan waar die kind daardie aand oorlede is.
’n Nadoodse ondersoek om die presiese oorsaak van die baba se dood te bepaal, word vanoggend in Windhoek gedoen.
Lees môre die volledige berig in Republikein.
[email protected]


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie