Pa verkrag glo sy dogter (20)
Pa verkrag glo sy dogter (20)

Pa verkrag glo sy dogter (20)

Die afgelope naweek is voorvalle van vermeende verkragting en padsterftes by die polisie aangemeld.
Tanja Bause
Tanja Bause - Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is 'n 20-jarige vrou op Khorixas Saterdag ­omstreeks 01:00 glo deur haar pa verkrag.

Die vrou, wat glo in Windhoek woon, het volgens die polisie Khorixas toe gereis om haar ouma te besoek.

Terwyl sy geslaap het, het haar pa na wat verneem word die kamer binnegekom en haar verkrag.

Daarna het hy na bewering op die vlug geslaan en is nog nie in hegtenis geneem nie. Die polisie is op soek na hom.

'n Negentienjarige vrou het Sondag glo 'n sjebeen in die Spitzkoppe-area naby Usakos saam met vriende besoek.

Na wat verneem word het 'n vriend haar huis toe geneem om te slaap, en haar in die huis toegesluit.

Hierna het 'n man (29) glo die venster stukkend geslaan en haar verkrag.

Die eienaar van die huis het by die huis opgedaag en die man glo op ­heterdaad betrap.

'n Bakleiery het na bewering tussen die twee mans uitgebreek en die bure het die polisie gebel.

Beide die slagoffer en die ­verdagte is in die Usakos-staatshospitaal ­opgeneem en die verdagte is tans onder polisiebewaking.



Boko Haram-lid glo geskiet

'n Sekuriteitswag het Saterdag om 20:30 glo 'n 17-jarige seun in die been geskiet.

Die voorval het na wat verneem word by die Single Quarters in Katutura plaasgevind.

Die seun het volgens die polisie 'n gewelddadige geskiedenis en is glo 'n lid van die bekende Boko Haram-bende.

Hy wou glo iemand beroof wat geld by 'n dobbelmasjien gewen het.

Die sekuriteitswag is geroep om te kom help.

Die seun het die man toe na ­bewering aangeval en 'n ander sekuriteitswag het twee waarskuwingskote afgevuur.

Dit het die seun glo nog aggressiewer gemaak en hy het die sekuriteitswag toe glo met 'n mes bestorm.

Hierop is hy na wat verneem word in die been geskiet en na die Katutura-­staatshospitaal geneem.

Die wag is nie in hegtenis geneem nie, maar beslag is op sy vuurwapen gelê.



Voetganger doodgery

'n Polisie-inspekteur (55) van die eenheid vir Baie Belangrike Persone is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy glo 'n voetganger doodgery het. Volgens die polisie se misdaadverslag het die polisie-inspekteur nie 'n rybewys nie. Die voorval het omstreeks 01:00 op die hoofpad tussen Omuthiya en Ondangwa plaasgevind.

Die oorledene se familie is nog nie van sy dood in kennis gestel nie.



Padsterftes

Sondag omstreeks 01:37 het 'n voertuig met ses Angolese studente teen 'n straatlig gebots nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.

Die ongeluk het in Windhoek op die hoek van Onafhanklikheidsrylaan en Lutherstraat plaasgevind. Een van die passasiers wat agter gesit het, het op die toneel gesterf en is nog nie ­geïdentifiseer nie.

Volgens toetse was die bestuurder se bloedalkoholvlak glo te hoog en is hy in hegtenis geneem.

Mnr. Moses Johannes (58) is in die intermediêre hospitaal op Oshakati oorlede nadat hy glo beheer oor sy voertuig verloor het en dit verskeie kere gerol het.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 18:30 op die hoofpad tussen Okatana en Oshakati gebeur.

Kommentaar

Republikein 2024-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.63/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.16% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0132 | Platinum US$ 1 034.34/OZ UP +3.29% Sport results: Premier League: Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 13° | 31° Rundu: 13° | 30° Eenhana: 17° | 32° Oshakati: 17° | 32° Ruacana: 18° | 32° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 13° | 27° Omaruru: 13° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 15° | 32° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 13:52, High tide: 07:51, Low Tide: 02:00, High tide: 20:47 Swakopmund: 17° | 24° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:49, Low Tide: 02:00, High tide: 20:45 Walvis Bay: 20° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 13:50, High tide: 07:48, Low Tide: 02:00, High tide: 20:44 Rehoboth: 14° | 26° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 19° | 30° Aranos: 16° | 28° Lüderitz: 18° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 29° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 13° | 27° Mbabane: 12° | 24° Maseru: 9° | 24° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 16° | 20° Durban: 17° | 26° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 16° | 26° Harare: 12° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 46.8 | USD to KES 129.48 | USD to NGN 1498 | USD to ZAR 18.37 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 358.63/OZ UP +0.86% | Copper US$ 4.85/lb UP +2.16% | Zinc US$ 3 006.00/T UP 0.27% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0132 | Platinum US$ 1 034.34/OZ UP +3.29%