Pa verkrag glo sy dogter
''n Man van 64 word daarvan beskuldig dat hy sy tienerdogter sedert haar kleuterjare seksueel aangerand het.
Henriette Lamprecht - ’n Man teen wie ''n klag van verkragting van sy dogter aanhangig gemaak is, is sedert verlede Vrydag vry op borgtog.
Sedertdien leef die tiener en haar ma in vrees dat hy hulle leed sal aandoen. Die 64-jarige man is in Oktober in hegtenis geneem, nadat ’n klag van verkragting teen hom aanhangig gemaak is. Na bewering het hy sy 16-jarige dogter sedert sy vyf jaar oud was, onsedelik aangerand. Die man wie se naam weerhou word om die identiteit van sy dogter te beskerm, was vir byna ’n maand in aanhouding. Verlede Vrydag is borgtog van N$8 000 egter aan hom toegestaan.
Die ma en van haar familielede word nou glo daagliks geteister met oproepe en smse waarin die pa dreig om die ma en homself om die lewe te bring. Hy is die naweek ook tydens sportverrigtinge by sy dogter se skool opgemerk. Deel van sy borgtogvoorwaardes is dat hy twee keer per dag by sy plaaslike polisiekantoor moet aanmeld terwyl hy geen direkte of indirekte kontak met sy dogter mag hê of binne 100 meter van haar mag wees nie. Ook op sosiale media is inskrywings gemaak waarin hy skryf “die tragedie is sy het net haarself vir alles te blameer” en “sy hou van begrafnisse, as sy nie vinnig huis toe kom nie, kan daar dalk nog een wees”.
Die vrou moes na bewering hul tuisdorp in groot geheimhouding uit vrees vir die man verlaat, terwyl die dogter in ’n plek van veiligheid is.
Volgens die ma is sy na bewering in die verhouding van 11 jaar herhaaldelik deur die pa aangerand. Sy mag ook glo nêrens heen gegaan het of gewerk het nie. Aan die ander kant moes die dogter oral saam met die pa gaan en hom na bewering na doktersbesoeke moes vergesel waartydens hulle in ’n gastehuis tuisgegaan het.
Die dogter het glo teenoor ’n familielid erken dat sy deur haar pa onsedelik aangerand word. Aan haar ma het sy ’n briefie gegee waarin sy glo erken het haar pa molesteer haar die afgelope 10 jaar en dat sy te bang was om vir haar ma te sê.
Volgens die ma sou die pa aan hul dogter sê hulle doen “pa-en-dogtertjiedinge” en hy sal haar en haar ma doodmaak as sy iemand daarvan sou vertel. Hy het glo ook gereeld vir sy dogter drank gekoop en haar “heeltyd opgepas”. Die ma is na bewering dagga en drank ingegee sodat sy glo só bedwelm was en nie kon agterkom wat tussen pa en dogter gebeur nie. Die ma is glo ook verskeie kere in die huis toegesluit, sodat die pa en die dogter “iewers heen kan ry”.
Volgens die ma het sy en haar dogter verklarings by die polisie afgelê om onder meer hul saak te versterk dat hy nie op borgtog vrygelaat moet word nie. Sy wou ook stemopnames van dreigemente en skeltaal van die pa teenoor die ma as verswarende omstandighede aan die hof voorlê, maar volgens haar het nie sy of haar dogter ter verswaring getuig nie.
Die man verskyn weer op 28 Februarie in die hof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie