PA steek Peuter aan die brand
PA steek Peuter aan die brand

PA steek Peuter aan die brand

Sanet de Waal
’n Tweejarige seuntjie het ernstige brandwonde opgedoen toe sy pa, mnr. Marius Moses Keiser (29), glo handreiniger oor hom gegooi en hom aan die brand gesteek het. Die voorval het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag Saterdag omstreeks 00:00 op Gibeon plaasgevind. Die pa het na bewering die peuter ook op 30 Julie aangerand. Die verdagte het gister in die landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Die saak is tot 15 September uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2025-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer