Pa se nier bring nuwe hoop
Anneli Erasmus - 'n Nuwe lewe is die grootste geskenk wat Brumilda Kock van Rehoboth ooit by haar pa, Reginald, gekry het. Hy het haar een van sy niere gegee wat op 15 Desember suksesvol in Johannesburg by haar ingeplant is.
“En dit gaan goed met die ontvanger en die skenker”, het die 11-jarige Brumilda se ma, Bernice, uit Johannesburg laat weet.
“Bernice reageer goed op behandeling en haar liggaam het die nier goed ontvang. Sy beweeg rond, maar sy sal vir die volgende ses weke nog deur spesialste gemonitor word. Maar vir nou is klein Brumilda net dankbaar vir haar vroeë Kersgeskenk.”
Die vreugde en dankbaarheid vir nuwe hoop vir Brumilda word deur die ganse Namibië gedeel wat bygedra het tot die “Love for Brumilda Kock Campaign” wat deur die Namibiese kunstenaar, George Longane, en sy vrou, Prudence, begin is om geld in te samel vir die Kocks se stygende mediese koste en die operasie.
Die diagnose van chroniese nierversaking by Brumilda vroeg vanjaar het nie net haar lewe nie, maar die van haar hele gesin verander. Haar ma moes uit haar werk bedank om na Bermulda om te sien wat vieruurliks dialise moes kry. Die lewenslustige Brumilda het met haar skoolloopbaan voortgegaan ondanks die ontwrigting wat dit vir haar meegebring het. Sy het selfs goed gevaar op skool en het meestal opgewek gebly.
Hoop op 'n nuwe lewe vir Brumilda het opgevlam toe haar pa as 'n moontlike skenker geïdentifiseer is. Dit het talle toetse en besoeke aan spesialiste in Johannesburg meegebring. 'n Teruglsag het gekom toe die oorplanting wat in September gedoen sou word, gekanselleer moes word omdat sy infeksie opgedoen het. Dit het al hoe meer begin lyk dat die operasie eers in 2017 gedoen sou word.
In Desember het die goeie nuus gekom dat die operasie vir 15 Desember geskeduleer is. Finale toetse is op 12 Desember gedoen wat deurslaggewend was sodat met die operasie voortgegaan kon word.
Nou wink 'n nuwe lewe op die jongeling in die nuwe jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie