Pa ry per ongeluk oor seuntjie
Pa ry per ongeluk oor seuntjie

Pa ry per ongeluk oor seuntjie

Henriette Lamprecht
'n Vierjarige seuntjie is Vrydag op slag dood nadat hy na bewering deur sy Pa omgery is. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder in die Otjozondjupastreek, insp. Maureen Mbeha, is die seuntjie as Jonas Tulukeni identifiseer. Volgens haar het Jonas en sy 40-jarige pa 'n draadheining op 'n plaas in die Osire-distrik reggemaak. Die seuntjie het na bewering ongemerk na die voorste linkerwiel van die voertuig beweeg terwyl sy pa besig was om dit vorentoe te beweeg om pale af te laai.
"Hy het nie geweet dat sy seuntjie, wat hy agter die voertuig gelos het, ook saam met die voertuig beweeg het nie en hy het bo-oor hom gery," het Mbeha gesê. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer