Pa kry lewenslank vir moord op babaseun
‘n Inwoner van Gobabis wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy babaseun in Maart 2017 op die dorp vermoor het, is lewenslank tronk toe gestuur. ‘n Lewenslange tronkstraf is ‘n minimum van 20 jaar tronkstraf waarvan die helfte uitgedien moet word voordat hy vir parool in aanmerking kom.
Dawid Amseb is op die aanklagte van moord met die direkte voorneme om te moor skuldig bevind, nadat hy sy seuntjie Dube Morao op die grond neergegooi het.
Hy het ‘n ekstra jaar tronkstraf gekry vir ‘n tweede aanklagte van aanranding van die seuntjie se ma Asina Morao. Mediese getuienis wat voor die hof gedien het, het gewys die seuntjie het noodlottige kopbeserings opgedoen toe hy op die grond neergegooi is. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie