Owerheid teiken onwettiges
Amerika
Nuwe opdragte om op onwettige immigrante toe te slaan, is deur die Amerikaanse minister van binnelandse veiligheid uitgereik.
Dit raak byna al 11 miljoen buitelanders in die land wat nie wettige dokumentasie het om in die VSA te wees nie, maar dit sluit kinders en enkele ander groepe uit.
Twee memorandums wat minister John Kelly Dinsdag uitgereik het, gee immigrasiebeamptes opdrag om alle onwettige immigrante op wie hulle afkom so gou as moontlik te deporteer.
Die fokus is veral op ongedokumenteerde immigrante wat skuldig bevind is aan misdade en ook mense wat aangekla is van 'n misdaad.
Kelly het ook opdrag gegee dat dadelik begin word met die beplanning en oprigting van 'n muur op die Meksikaanse grens.
- Netwerk24/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie