Ovitoto-grondkwessie steeds onopgelos
GEVEGSLYNE is getrek met emosies wat hoog geloop het toe die inwon er s van Okandjira en die Ovitoto kommunale boere vir die soveels te keer 'n vergadering gehou het om die dispuut op te los wat tussen die twee groepe ontstaan het. Die vergadering in die gemeenskapsaal van Ovitoto is gekenmerk deur persoonlike agendas wat nie die werklike kwessie aanspreek nie. Aan die stuur van die vergadering was die streekraadslid van die Ovitoto-kiesafdeling, mnr, Issaskar Kaujeua, wat probeer het om die vergadering op 'n politieke grondslag te laat geskied.
Die gemeenskapsleier van die Okandjira-families, mnr. Comelius Hamaseb, wou sy mense se saak stel en het onmiddellike arbitrasie verwag van polisiebeamptes wat die verga dering bygewoon het om die vrede te bewaar. Die tradisionele leier van die Ovitoto kommunale boere, mnr, Vapuira Kapuuo, se redevoering het gehandel oor watter een van die twee gemeenskappe moet pa staan vir die herstel van die gevandaliseerde grensdraad wat tot die dispuut aanleiding gegee het.
Die Okandjira-families maak geen geheim daarvan dat hul Herero-sprekende bure die draad en hekke afgebreek het om meer weiding vir diere te bekom nie. Op hul beurt beskuldig die Ovitoto- gemeenskap die Okandjirafamilies dat hulle self die draad afgebreek het en dat die kommunale boere nie altyd in staat is om hul diere op te pas nie. Mnr. Alfred Angula, die voorsitter van die trust in wie se besit die plaas Okandjira geplaas is na die besit daarvan deur die Ohlthaver & List-groep afgestaan is, het teen die polisie van Ovitoto uitgevaar en gese klagtes van die plaas se bewoners word nie ondersoek nie.
"Die klagte van die Okandjirafamilies is 'n saak vir die polisie en dit is hoog tyd dat die beamptes hul werk doen. Dit is die soveelste vergadering wat oor die aangeleentheid gevoer word en dit blyk onmoontlik te wees om 'n oplossing vir die dispuut te vind." Mnr. Angula het aangevoer dat die dispuut voortaan aandag van 'nhoer gesag moet geniet en dat 'n forum op 'n hoer vlak van die Regering geskep moet word om die grondkwessie op te los. "Indien kommunale boere van Ovitoto meer grond wi1 he, sal hulle die kwessie op regeringsvlak moet aanspreek.
Die vergadering is nie die forum om meer grond te bekom nie en dit dien geen doel om daarmee voort te gaan nie," het mnr. Angula gese. Mnr. Hamaseb het tydens sy emosionele spreukbeurt 'n ultimatum aan die polisie gestel en gese die diere van die indringers moet so gou moontlik deur die wetstoepassers van hul grond verwyder word, anders sal die Okandjira-families die reg in eie hande neem.
"Ons weet nie wat die polisie aan ons op ons eie grond kan doen nie, maar ons sal moet optree teen die diegene wat geen respek aan ons as mede-landsburgers toon nie en ons eiendomsreg skend. Ons het die hand van buurmanskap uitgesteek en dit is weggeklap. Nou is alles verby en sal ons die reg in eie handeneem en nie meer toelaat dat enige iemand ons stop nie."
NB. mnr. Kapuuo tydens sy spreek-beurt aanvanklik ontken het dat sy mense enige aandeel in die vandalisering van die grensdraad gehad het, het hy gese hy wil nie he dat slegte verhoudinge tussen die twee gemeenskappe ontstaan en voortgaan nie. "Ons moet weer 'n vergadering hou om die heroprigting van die grensdraad te bespreek en hoe die projek befonds sal word.
Die gemeenskappe moet ook koppe bymekaar sit om die weg vorentoe met mekaar te bespreek en om 'n oplossing vir die dispuut te vind." Die leierselement van die gemeenskappe het ingestem om 'n vergadering agter geslote deure te hou om die verski1lende aspekte van die dispuut te bespreek. Die vergadering en die feit dat onmiddellike arbitrasie nie vir die probleem verkry kon word nie, het veroorsaak dat die Okandjirafamilies en hul leier uit die vergadering gestap het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie