Ovaherero vra vir forensiese oudit van grond
Ovaherero vra vir forensiese oudit van grond

Ovaherero vra vir forensiese oudit van grond

Die Ovaherero-opperhoof sê die voorvaderlike grond-kwessie kan, as dit nie reg hanteer word nie, skadelik vir nasionale eenheid wees.
Elvira Hattingh
Catherine Sasman - Nadat hulle die tweede nasionale grondkonferensie geboikot het en gegrief is oor die verhuring van die plase aan die Russiese oligarg Rashid Sardarov, het die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) ‘n beroep op die regering gedoen om ‘n onafhanklike forensiese oudit van die hervestigingsprogram te doen.

Die OTA sê die doel van die oudit moet wees om onder meer die oorspronklike mandaat, doelwitte en die implementeringstyd van die hervestigingsprogram te ondersoek.

Die opperhoof van die Ovaherero’s, adv. Vekuii Rukoro, sê anders as ander forensiese oudits en ondersoekkommissies, moet die bevindinge en voorstelle van dié ondersoek onmiddellik aan die publiek bekend gestel word en nie “tot die kelders van permanente staatsgeheime” beperk word nie.

Rukoro het tydens ‘n mediakonferensie gister gesê daar is genoegsame bewyse dat die hervestigingsprogram die pad “gevaarlik byster geraak het” en dit ontaard het in die vestiging van die rykes, beroemdes en magtiges.

Dit, sê hy, is sonder die inagneming van voorvaderlike grondregte-eise deur gemeenskappe wat van hul grond verdryf is.

Die OTA is nie oortuig van die egtheid van die lys van hervestigde begunstigdes wat ná die grondkonferensie ter tafel gelê is nie. Die OTA het gesê dit is duidelik dat name uitgelaat is van bekende mense wat hulle glo en van weet wat hervestig is.

Die lys gee ook nie ‘n aanduiding van plase wat deur die regering gekoop is en al vir jare gesluit is nie - waarvan sommige nog as hervestigingsplase geadverteer moet word.

Rukoro het beweer sommige van die plase is beset deur “individue en families wat gekies is deur amptenare wat vir hervestiging verantwoordelik is”.

GESTEEL

Hy het gesê die Namibiese ervaring bied ‘n letterlike betekenis vir ‘n stelling wat deur die Brasiliaanse John Updike gemaak is, naamlik: “Die wêreld op sy eie, is gesteel. Alle eiendom is diefstal en diegene wat die meeste daarvan gesteel het, maak die wette vir die res van ons.”

Rukoro het gesê die vryheidstryd het gegaan oor grond wat met wapens van inheemse mense “suid van Oshivelo” gesteel is – soos die San, Khoekhoegowab, Nama en Ovaherero.

Rukoro sê die inheemse gemeenskappe voel verraai deur die oudstaatshoofde Sam Nujoma en Hifikepunye Pohamba, wat tydens die grondkonferensie gesê het daar bestaan nie ‘n behoefte om oor voorvaderlike grondregte te praat nie en dat alle grond aan die staat moet behoort.

“Watter staat?” het Rukoro gevra en bygevoeg: “Dieselfde een wat ons reeds ervaar het ‘n ongekontroleerde lisensie het om ons voorvaderlike grond arrogant aan sy buitelandse begunstigdes en vriende uit te deel - onder ‘n korrupte skema. Dit terwyl dié wat grond verloor het, wegkwyn in tuislande wat deur die Apartheidsregering geskep is.”

‘RUSSIESE HERVESTIGINGSKANDAAL’

Rukoro het die grondkonferensie gekritiseer as iets wat geen “noemenswaardige of fondamentele bydrae” tot die politieke ekonomie van grondbesit gemaak het nie.

Hy het gesê daar was geen resolusie om die fondamentele strukturele kwessies binne die staatstelsel te takel nie, ‘n stelsel wat volgens hom “pasgemaak is om die elite van die Namibiese samelewing te bevoordeel”. Dit sluit in die ministers, onverkose goewerneurs, vooruitstrewende staatsbeamptes en sakelui wat kan bekostig om lenings van kommersiële banke te kry om hul eie plase te koop, het hy bygevoeg.

“Hulle kry werk, asook hervestigingsplase vir die res van hul lewe – saam met hul Russiese vriende en begunstigdes,” het hy gesê.

Hy het gesê die regering het die plase gekoop om Sardarov te hervestig.

Die OTA het ‘n beroep op president Hage Geingob gedoen om “meer belangstelling te ontwikkel” in die bestuur van grond, en gesê as dit nie versigtig hanteer word nie, dit tot ‘n “onbeheerbare situasie” kan lei.

Rukoro het gesê die manier waarop die grondkwessie en spesifiek voorvaderlike grondeise hanteer word, kan die nekslag vir Namibië se nasionale eenheid wees.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%