Outomatisering van padheffings kom
Outomatisering van padheffings kom

Outomatisering van padheffings kom

Die Padfondsadministrasie oorweeg tegnologie om massa-afstandheffings outomaties te bepaal.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Padfondsadministrasie (RFA) oorweeg die instelling van outomatiese massa-afstandheffings om die geskatte verlies van sowat N$28,3 miljoen vir die 2019-boekjaar te verhaal.

Tans teken die eienaars van swaarvoertuie self die afstande aan wat hul vragmotors aflê.

Dié aantekeninge lei tans tot voorvalle waar die RFA beweer die syfers weerspieël nie die werklike afstande nie.

Die ingenieursfirma Burmeister en vennote het op 31 Maart vanjaar ’n dokument oor die outomatiese massa-afstandheffings saamgestel. In die dokument sê die RFA dié heffings is in die Staatskoerant no. 3816 van 30 Maart 2007 gepubliseer.

Die heffings is van toepassing op plaaslike en buitelandse voertuie swaarder as 3,5 ton en kontrole word gehou oor die afstand wat elke voertuig op Namibiese paaie aflê.

Tans rus die onus om die afstande in RFA-logboeke aan te teken steeds by die voertuigeienaars.

Volgens die dokument het die RFA verskeie steekproewe van logboeke by kontrolepunte uitgevoer, en dit het aan die lig gekom dat logboeke nie altyd beskikbaar is nie en nie korrek ingevul word nie.

Die RFA se padbestuurstelsel versamel inligting vanaf 388 verkeerstasies op die nasionale padnetwerk.

'n Opname is in Namibië gedoen om die registrasiemerke van voertuie vas te lê, en 'n meer akkurate verdeling tussen die massa-afstandheffings te bepaal, volgens die dokument.

Gevolglik het die RFA in die 2019-boekjaar ’n verlies van N$28,318,658 gelei weens die onderverklaring van massa-afstandheffings.

“Hierdie onderverhaling takel die vermoë van die RFA af om die nasionale padnetwerk te onderhou, en dus is daar ’n behoefte aan ’n outomatiese stelsel,” lees die dokument.

Die voorgestelde stelsel sal gebruik maak van navigasiestelsels waarmee swaarvoertuie toegerus word.

Hierdie stelsel sal elke 30 sekondes die ligging van ’n vragmotor deur middel van satelliete na die RFA stuur en die afstande bepaal wat op nasionale paaie afgelê word.

’n Aantal swaarvoertuigeienaars maak reeds van soortgelyke stelsels gebruik om hul vloot te bestuur, hul vragmotors te monitor, en om voertuie terug te vind wat gesteel is.

Vlootbestuurmaatskappye sal hul stelsels by die RFA kan toets en deur die Namibië Standaarde Instelling (NSI) laat goedkeur.

Die RFA beoog om ‘n kontrakteur aan te stel om toerusting vir ’n massa-afstandstelsel langs nasionale paaie op te rig, infrastruktuur by grensposte te bou, en die tegniese spesifikasies van dié stelsel te ontwikkel.

Die kontrakteur sal ook help om operateurs vir massa-afstandverklarings te registreer, hardeware en sagteware by die RFA te installeer, opleiding vir RFA-werknemers te gee en die stelsel in stand te hou.

Die RFA sal ‘n kontrak vir siviele en elektriese werk aangaan om grensposte en ander kontrolepunte aan te pas, toegewyde bane te bou, kameras en radiofrekwensies te installeer en krag vir die stelsel te voorsien.

Volgens die stelsel sal die eienaar van 'n swaarvoertuig dus 'n operateur vir die outomatiese massa-afstandverklaring betaal, en dié sal op sy beurt die RFA betaal vir die werklike afstand wat afgelê is.

Die verwagte tydperk vir die stelsel om in werking gestel te word, is tussen 18 en 24 maande, insluitend 12 tot 18 maande vir die kontrakteur om sy werk te voltooi.

“Uiteindelik sal die tegnologie die logistieke strategie van Namibië ondersteun deur die billike verdeling van padgebruikers se geld te verseker, gebaseer op die direkte verbruik van die land se padnetwerk. Alles tot voordeel van padgebruikers,” volgens die dokument.

Belanghebbers word genooi om voor Vrydag (8 Mei) enige insette na [email protected], of na die RFA: Program Management and Policy Advice, Privaatsak 13372, Windhoek, Namibië te stuur. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%