Outjo-kinderopasser kry borgtog
Elvira Hattingh - Die Outjo-kinderopasser wat van poging tot moord aangekla is nadat op video vasgevang is hoe sy na bewering vir baba Laila Theron mishandel, is Woensdag op borgtog van N$3 000 vrygelaat.
Me. Nicolin Hoeses mag voorts nie die streek verlaat nie en moet elke Maandag en Vrydag by die dorp se polisiestasie aanmeld. Haar volgende hofverskyning is op 29 Mei 2018.
Intussen sê Laila se ma, me. Annemarie Theron, dit gaan goed met hul baba. Laila is nou 11 maande oud. Sy sê behalwe vir enkele uitdagings, geniet Laila die skooltjie waar sy nou opgepas word. Theron sê Laila ontwikkel goed en hulle probeer haar as ouers soveel liefde moontlik gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie