Outjo Bakkery kry nuwe eienaars
‘n Bekende bakkery in die Noorde het onlangs by die Spar-groep aangesluit.
Augetto Graig - Die gewilde Outjo Bakkery ondergaan weer eens ’n gedaantevewisseling.
Dit nadat dit onlangs by die Spar-groep op die dorp aangesluit het.
Nou baat dit ook by die gevestigde Bean Tree versekering van gehalte – terwyl die bakkery se karakter behou word.
Só sê mnr. Berend Blom, die nuwe bestuurder by die Outjo Spar wat langs die bakkery geleë is.
Die Spar se eienaar, me. Ronelle Raes, het onlangs die bakkery oorgekoop waarna Blom aangestel is.
Blom het gesê ondanks verskeie veranderinge het die meeste van die werknemers hul poste behou. Die grootste verskil is die toepassing van die Spar-groep se reëls, sê hy.
Wat gehalte en vervaldatums van produkte betref, is dié reëls baie streng, sê hy. “Beter bestuur, beter higiëne, voedselveiligheid, nuwe handelsmerkmateriaal en meer voorraad,” is maar ’n paar van die voordele wat met die veranderinge gepaardgaan.
“’n Mens moet passie hê hiervoor,” sê Blom, met verwysing na die ongeveer 25 werknemers ‘n lang pad saam met die bakkery kom. Dit is hulle wat verantwoordelik is vir die lekker pasteie, brood en ander gebakte produkte waarvoor die bakkery bekend is.
Nog ’n nuutjie is die elektriese oonde wat aangebring is en baie goedkoper kos om te gebruik, vergeleke met die ou oonde wat met diesel gewerk het. Op die oomblik maak die bakkery gebruik van die Spar se oonde, maar binnekort sal die bakkery met sy eie splinternuwes spog, sê Blom.
“Die besighede ondersteun mekaar,” sê hy en voeg by dat klein jakkalsies mettertyd uit die weg geruim sal word.
Met nege en ‘n half jaar se ondervinding by die Ocean View Spar op Swakopmund, weet Blom wat die nuwe take van hom gaan vereis: “Baie logistiek, ’n paar skofveranderinge met die tyd, maar alles stelselmatig en volgens Spar se reëls.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie