Ounag-ongeluk op Okahandja
Ounag-ongeluk op Okahandja

Ounag-ongeluk op Okahandja

Yandi Du Plessis
’n Saak van roekelose- en nalatige bestuur word ondersoek ná 'n 22-jarige manlike bestuurder en sewe passasiers ernstige beserings opgedoen het toe die bestuurder glo beheer oor sy voertuig verloor het.
Die ongeluk het omstreeks halfeen (00:26) Saterdagoggend in Moses Tjitenderostraat in die Nau-Aib-woonbuurt op Okahandja plaasgevind.
Al die beseerdes is volgens die polisie se misdaadverslag vir die naweek na die Okahandja-staatshospitaal afgevoer vir behandeling. Die verslag verstrek nie besonderhede oor die soort voertuig en of dit moontlik oorlaai was nie.

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer