Ouma (92) doodgery
Ouma (92) doodgery

Ouma (92) doodgery

'n Man sonder 'n bestuurslisensie het 'n 92-jarige pensioenaris doodgery.
Kristien Kruger
Kristien Kruger



'n 20-jarige ongelisensieerde bestuurder wat verlede week na bewering 'n 92-jarige pensioenaris in Rundu doodgery het, is borgtog geweier.

Die oorledene, me. Kalive Leya, was 'n inwoner van die Ndama informele nedersetting en is op slag dood toe sy die Trans-Caprivi hoofweg wou oorsteek.

Mnr. Russu Victor het Maandag in die landdroshof in Rundu op die klag van strafbare manslag voor assistent-landdros Rufinus Jikerwa verskyn.

Staatsaanklaer Variety Matamata het Maandag aangevoer dat Victor ten opsigte van die erns van die oortreding nie op borgtog vrygelaat moet word nie.

Victor sal in aanhouding bly tot hy op 17 Februarie weer in die hof verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer