Ouetehuis vat Covid-19 vas
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop – Die Ons Tuiste-ouetehuis op Keetmanshoop het bevestig vier personeellede en ses inwoners het die afgelope week positief vir Covid-19 getoets.
Sedertdien het twee van dié gevalle herstel. Die ouetehuis huisves altesaam 73 permanente inwoners.
Die bestuursliggaam van die ouetehuis het op 1 Maart die resultate van drie inwoners teruggekry, al drie was positief. Mnr. Riaan Steenkamp, voorsitter van die direksie, het dit gister bevestig.
Volgens Steenkamp is dit veral moeilik vir die inwoners wat spesiale sorg nodig het, aangesien die meeste van hul spesiale diëte en medisyne benodig.
"Ons het sedertdien die ouetehuis in drie dele opgedeel - Rooi, Oranje en Groen. Verder was die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ook van groot hulp deur ’n isolasieafdeling by die ouetehuis op te rig, ons toetse gratis te doen en die beskermende toerusting wat ons nodig het om die virus hok te slaan, te verskaf,” het hy gesê.
Volgens Steenkamp is een van die inwoners – wat na Windhoek oorgeplaas is – dood. Hy sê die oorledene het aan onderliggende mediese toestande gely en was ’n geruime tyd voor Covid-19 reeds siek.
Hoewel die gebeure vir almal 'n skok was, wou Steenkamp die publiek verseker hulle het alles in hul vermoë gedoen om seker te maak die aantal gevalle styg nie en hulle nou met die ministerie saamwerk om seker te maak dat die pasiënte volkome herstel.
“Niemand sal die ouetehuis kan binnekom of verlaat voor ons nie 100% seker is die situasie is onder beheer nie. Ons sal 'n hokkie hê waar almal wat inkom, veral die personeel, getoets sal word. Ek het ook meer as 30 kameras opgestel om te verseker die regulasies word streng nagekom en toegepas.”
Die ouetehuis het sedert die Covid-19-uitbreking meer as N$80 000 spandeer op ekstra toerusting wat hulle tot dusver nodig gehad het.
"Dit is vir ons uiters moeilik, want die pasiënte kan nie hul kinders of familielede op die oomblik sien nie. Hulle is baie benoud, maar daar is sekere dinge wat ons nie kan omseil nie,” het Steenkamp met trane in sy oë gesê.
Al die kombuisgereedskap en ander toerusting word ontsmet en gesteriliseer, asook die houers van die medisyne wat die apteek stuur.
Hulle wag op verdere uitslae nadat al die personeellede en inwoners twee dae gelede getoets is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie