Oues, siekes op Keetmans sonder water
Die hospitaal, kliniek en ouetehuis op Keetmanshoop was Dinsdag en Woensdag sonder water nadat die munisipaliteit die toevoer afgesny het weens ''n uitstaande rekening van sowat N$1,3 miljoen.
Volgens ''n inwoner van die dorp, mnr. Elias Fordes (66), was die water Dinsdag heeldag af en hy moes emmers gebruik om die toilette mee te spoel.
“Ek weet nie wat is die probleem nie; ek het aanvaar dis ''n gebarste pyp,” het mnr. Fordes gesê.
Woensdag was die water ook heeldag af, sê hy.
Volgens die hoof uitvoerende beampte van die munisipaliteit, mnr. Desmond Basson, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste uitstaande skuld van sowat N$ 1, 300 000 waarvan nie ''n sent die afgelope drie maande betaal is nie.
“Vir die afgelope drie weke belowe hulle om die bedrag te vereffen, maar niks gebeur nie en daarom het ons die watertoevoer na al die geboue van die ministerie afgesny.”
Daar is wel tenks by die hospitaal wat water aan die mense voorsien en dit sal vir ''n rukkie hou, het hy bygevoeg.
“Ons wil die mense ''n bietjie dissiplineer om hul skuld te betaal, anders word die hele dorp se watertoevoer as gevolg van die uitstaande skuld deur NamWater afgesny.
“As ons nie ferm met ons mense optree nie, sal NamWater ferm met ons optree,” het hy bygevoeg.
Volgens die woordvoerder van die munisipaliteit, me. Dawn Kruger, het die ministerie die skuld gisteroggend vereffen en is die watertoevoer daarna herstel.
Kruger het aan Republikein gesê die rekening is na die ministerie gestuur, maar dit was iewers verlê wat veroorsaak het dat die skuld opgeloop het, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie