Oudste pikkewynfossiel nu00f3g ontdek
Oudste pikkewynfossiel nu00f3g ontdek

Oudste pikkewynfossiel nóg ontdek

Henriette Lamprecht
Elsabé Brits



Die fossiel van 'n reusepikkewyn wat 1,5 m hoog op sy gewebde pote gestaan het, is ontdek.

Dit is die oudste fossiel wat nóg van 'n pikkewyn gevind is en is sowat 61 miljoen jaar oud. Die navorsing is pas in die vakjoernaal The Science of Nature gepubliseer.

Die fossiel is gevind aan die hedendaagse Waipararivier in Nieu-Seeland se Canterburystreek. Dit is ook bekend vir voëlfossiele wat bewaar gebly het.

Dit verskil van ander primitiewe spesies in die manier waarop hulle geloop het.

Dié spesie is groter as die keiserpikkewyn, die grootste pikkewyn wat vandag bestaan.

Die nuwe vonds is egter nie die grootste pikkewyn wat nog gevind is nie. Die eer gaan aan 'n pikkewyn wat tussen 45 miljoen en 33 miljoen jaar gelede in Antarktika geleef het.

Die feit dat die nuwe spesie so oud is, wys hulle het reeds ontwikkel in die era van die dinosourus, meer as 65 miljoen jaar gelede.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A