Oudpresident se gade vir bloedbad verhoor
Simone Gbagbo, Ivoorkus se vurige gade van die vorige staatshoof, Laurent Gbagbo, se verhoor op klagte van misdade teen die mensdom het Dinsdag in Abidjan begin.
Die verhoor van die 66-jarige Gbagbo se rol in die na-verkiesing menseslagting van 2010 sal na verwagting ’n maand duur met minstens 25 getuies wat geroep sal word.
Met die bynaam die Ystervrou, word sy daarvan beskuldig dat sy die menseregteskendings beplan en laat uitvoer het teen ondersteuners van haar man se politieke opponent in ’n poging om Laurent Gbagbo ten alle koste aan bewind te hou.
Hy is uiteindelik by die stembus verslaan en staar tans ’n verhoor in die Internasionale Geregshof in Den Haag in die gesig.
Meer as van 3 000 mense is dood in bloedige geweldpleging ná die verkiesing wat uiteindelik bedaar het ná die inhegtenisneming van die Gbagbo-egpaar in 2011, toe troepe die bomskuiling waarheen hulle gevlug het, in die hoofstad, Abidjan bestorm het.
Simone Gbagbo word aangekla van misdade teen krygsgevangenes, misdade teen die burgerlike bevolking en misdade teen die mensdom.
Haar regsgeleerdes het vir etlike ure oor die hof se bevoegdheid geargumenteer en aangevoer dat oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom nie van toepassing in die saak is nie, omdat dit eers in Maart verlede jaar in die Ivoorkus se strafproseswet ingesluit is en gevolglik nie van toepassing is op voorvalle wat in 2011 plaasgevind het nie.
Ná ’n reses is die klagte in die hof voorgelees. Hierop het Gbagbo verklaar “ek erken nie die gebeurtenissse nie”.
Dit is haar tweede verhoor in die Ivoorkus waar sy in Abidjan in aanhouding is, nadat sy vroeër tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir “aanvalle op die staat se sekuriteit”.
Getuies beskuldig haar daarvan dat sy persoonlik wapens uitgedeel het aan sogenaamde doodsbendes, wat gedurende die vyf maande van geweldpleging in Abidjan bedrywig was. Sy het dit in die verlede herhaaldelik ontken.
Die menseregteorganisasie, Human Rights Watch, sê die verhoor kan ’n keerpunt vir reg en geregtigheid in die land wees. Die land was tot 1999 ’n baken van stabiliteit in Wes-Afrika toe ’n staatsgreep uitgevoer is en dit gevolg is deur jare van ’n lae vlak burgeroorlog.
- Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie