Oudpres. Sam Nujoma kry vredesprys in Egipte
Ronelle Rademeyer – Die Kemet Boutros Boutros Ghali Stigting vir Vrede en Kennis (KBBG) het Namibië se stigterspresident, mnr. Sam Nujoma (91), Saterdagaand in Kaïro, Egipte vereer vir sy rol in vreedsame konflikoplossing en die versterking van samewerking en vrede tussen nasies.
Die Orde van Boutros Boutros Ghali is ook aan hom toegeken.
Die geleentheid is gereël om saam te val met dr. Boutros Boutros Ghali, voormalige minister van buitelandse sake van Egipte en sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN) van 1992-1996, se verjaardag. Hy is in 2016 dood.
Volgens dié stigting se raad van trustees is die toekenning gemaak uit waardering vir Nujoma “as ’n revolusionêre, anti-apartheidsaktivis en as die stigterspresident van Namibië en Vader van die Nasie”.
Dit erken verder Nujoma se leierskap van Swapo en sy rol in die vryheidstryd, wat ’n bron van trots is vir alle Afrikane”.
In sy aanvaardingstoespraak het Nujoma gesê hy aanvaar dit met nederigheid namens die Namibiese nasie.
Hy het gesê die prysgeld van US$10 000 (sowat N$150 500) sal na die Sam Nujoma-stigting gaan vir die laaste fase van die skool by Etunda waar kinders van plaasarbeiders onderrig sal word “om hul volle potensiaal te verwesenlik”.
Nujoma het alle lidlande van die Afrika-unie (AU) versoek om altyd te soek na wedersyds aanvaarbare en vriendskaplike oplossings in ’n gees van broederskap.
Hy het gesê AU-lande moet in konflikhantering gelei word “deur die beginsel van Pan-Afrikaanse en Pan-Arabiese solidariteit en samewerking, en die gepaardgaande begeerte om Afrika-oplossings vir Afrika-probleme te vind”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie