Oudpres. Bush skryf oor besoek aan Namibië
Die Amerikaanse oudpresident het in ‘n artikel gevra vir voortgesette bystand in die bekamping van MIV/vigs in Afrika.
Estelle de Bruyn - Ná oudpres. George W. Bush se besoek aan Namibië en Botswana, waartydens gefokus is op die impak van sy noodplan om vigs te verlig (Pepfar), het ‘n meningsartikel deur die oudpresident in die Washington Post verskyn waarin hy onder meer sy ervaring in Afrika deel.
Oor sy besoek aan Namibië skryf hy: “In Windhoek, Namibië, waar ons ‘n vennootskap met die regering, UNAids, die Globale Fonds, Pink Ribbon Red Ribbon, my vrou Laura en Namibië se eerste dame (me. Monica Geingos) gesluit het, het ek van die babas en hul ma's ontmoet.
"Byna al die ma's het vigs gehad, maar hul baba’s is vry van die siekte. Dit was ‘n riem onder die hart om hierdie hoopvolle jong lewens en hul trotse, verligte moeders te sien. Dit was ‘n duidelike bevestiging dat ons nie net dié pogings aan die gang moet hou nie, maar ook meer moet doen.
“Dit is duidelik dat die Amerikaanse mense se vrygewigheid ‘n reuse-impak gehad het - een wat die oortuiging weerspieël dat alle lewens waardevol is en dat van diegene aan wie baie gegee is, baie vereis word."
In ‘n boodskap wat duidelik op Amerikaners en pres. Donald Trump se administrasie gerig is, skryf hy: “Die lewensreddende werk het ook ‘n praktiese doel vir Amerikaners. Gemeenskappe wat met siekte deurtrek is, is broeiplekke vir hopeloosheid en moedeloosheid, wat mense ryp maak vir werwing deur ekstremiste. Wanneer ons hierdie lyding konfronteer, wanneer ons lewens red, skep ons hoop, versterk en stabiliseer ons die gemeenskap en maak ons ons land en die wêreld veiliger.
“Met die uitvoerende en wetgewende takke (van die regering) se hersiening van die federale begroting, sal hulle lewenskragtige debatte voer oor hoe om belastingbetalers se geld ten beste te bestee, en hulle moet.
"Sommige sal argumenteer dat ons genoeg probleme tuis het en nie geld oorsee moet bestee nie. My argument is dat ons nie geld moet bestee aan programme wat nie werk nie - tuis óf in die buiteland. Programme moet egter ten volle gefinansier word om doeltreffend te wees en resultate te lewer.
"Die byna 12 miljoen lewens wat gered is, bewys dat Pepfar werk. Ek moedig dus die regering aan om dit ten volle te finansier. Ons is op die drumpel van ‘n vigs-vrye geslag, maar die mense van Afrika het steeds ons hulp nodig.”
In ‘n artikel in die New York Times, wat op 9 April verskyn het, skryf Gardiner Harris, ‘n joernalis wat nuusdekking aan die Bush-besoek verleen het, ook oor die besoek aan Windhoek-staatshospitaal se kraamsaal.
“Een van die moeders wou weet of sy kon voortgaan om staat te maak op Amerikaanse medemenslikheid, ‘n vraag wat Pres. George W. Bush gretig was om te beantwoord.
“Een van die redes hoekom ons gekom het, is omdat ons die mense in ons land wil wys hoe doeltreffend hierdie program is," het Bush deur ‘n tolk gesê.
Harris wys in die artikel ook daarop dat pres. Donald Trump se begroting, wat verlede maand bekend gemaak is, beloof om Pefpar te behou.
“Sulke diep oorhoofse vermindering in buitelandse bystandprogramme word egter voorgestel, dat baie van die program (Pepfar) se ondersteuners bekommerd is oor die toekoms van die program, veral onder ‘n administrasie wat duidelik ’n transaksiegerigte benadering tot internasionale aangeleenthede het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie