Oudminister sterf
Een van Swapo se politieke strydrosse en 'n geliefde oudminister is die naweek oorlede.
Oudminister Rosalia Nghidinwa is Sondag in Windhoek oorlede.
Sy het omstreeks 23:00 in die Rooms Katolieke Hospitaal gesterf, het me. Frieda Siwombe, oudraadslid van die Kapako-kiesafdeling in Kavango-Wes, gister aan Nampa gesê.
Sy kon nie die oorsaak van die dood verskaf nie, maar het gesê Nghidinwa was eers in die Noorde gehospitaliseer voordat sy na die hospitaal in Windhoek oorgeplaas is.
Nghidinwa was tussen 2000 en 2005 adjunkminister van arbeid en maatskaplike dienste, en vanaf 2005 tot 2012 minister van binnelandse sake. Sy is in Desember 2012 as minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn aangestel, ‘n pos wat sy tot haar aftrede in 2015 beklee het.
Rosalia Annette Nghidinwa is op 26 Oktober 1952 op Nkurenkuru gebore. Sy was 22 toe sy in 1974 by Swapo aangesluit het.
Nghidinwa was ‘n gesondheidswerker van beroep en het verskeie gemeenskapsklinieke vir die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (Elcin) in die destydse Kavangostreek behartig.
Sy het Elcin in 1987 by die Lutherse Kerk se konferensie verteenwoordig en het vanaf 1991 tot 1996 op die kerk se beheerraad gedien.
Nghidinwa was getroud met mnr. Sam Nghidinwa. Hy is in Februarie 2009 dood. Die egpaar het vier seuns en twee dogters. Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie. – Nampa/Wikipedia bygewerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie